Welvanpas Gasteplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welvanpas Guestfarm is op 'n Karoo-plaas geleë, net 14 km van Middelburg af. Die gastehuis bied aan gaste die keuse van 5 en suite-kamers, 2 selfsorg-eenhede, 'n karavaan en kampeerterrein.

Elke dubbelkamer het 'n dubbelbed, daar is 1 dubbelbed en 1 enkelbed in die tripelkamers, en elke gesinskamer het 'n 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. Van die kamers het plafonwaaiers en verwarmers, en al die kamers het en suite-badkamers met storte. Gaste kan gerus gebruik maak van die gemeenskaplike sitkamerarea met sy gerieflike sitplek en TV.

Die selfsorg-eenhede het 'n gedeelde kombuisie, sit- en eetareas en 'n ingeboude braaiplek. Elkeen van dié eenhede het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Braaigeriewe en elektrisiteit is beskikbaar by die kampeerterrein en karavaan. Die ablusiegeriewe is baie skoon en op 'n hoë standaard.

Hier by Welvanpas Guestfarm kan gaste heerlike ontspan langs die swembad, 'n dagstap onderneem, en aansit vir 'n lieflike ontbyt of driegangmaaltyd (op versoek).

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Welvanpas Gasteplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R270 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za