White Bridge Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

White Bridge Farm is 'n prentjiemooi vrugteplaas langs die Breederivier omring deur asemrowende berge. Dit is ideaal vir gaste wat 'n troue by Olive Rock bywoon, vir natuurliefhebbers, buitelug-entoesiaste, wynkenners en diegene wat van die stad wil ontsnap. Die plaas is naby Wolseley, Tulbagh en Ceres.

Die verblyf bestaan uit 5 eenhede wat elkeen individueel versier is. Al die eenhede, behalwe Gastekamer 2 het kaggels vir die winter, maar daar is waaiers in al die eenhede vir die somermaande. 'n TV kan op versoek in sommige eenhede gesit word.

Gaste kan in die kristalhelder rivierpoele baljaar of 'n potjie tennis op die tennisbaan in die tuin by die hoofhuis geniet. Daar is fantastiese staproetes op die plaas, uitstekende voetslaanroetes in die omliggende berge, asook voëlkyk- en hengelgeleenthede op die plaas.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na White Bridge Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za