LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+112
Gastehuis in Tierpoort

White Linen Guesthouse

  • Slaapplek vir 20 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 378 Tau Street, Tierpoort, Pretoria, 0056, Gauteng Sien kaart

Beskrywing

White Linen Guesthouse is in die rustige Tierpoort-woonbuurt aan die uithoeke van Pretoria geleë en dis net 'n entjie se ry vanaf verskeie trou-venues.

Dié gastehuis het 3 dubbelkamers, 'n aparte ateljee-eenheid en 'n gesinseenheid. Die dubbelkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad en 'n stort. Die aparte ateljee-eenheid het 'n dubbelbed en 'n oopplan-badkamer met 'n stort. Die gesinseenheid het 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens het. Die gemeenskaplike badkamer het 'n bad.

White Linen Guesthouse spog met 'n verhitte swembad en 'n Jacuzzi. 'n Braai-area, gratis WiFi, 'n gastekamer en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Irene Village Mall, Rietvlei Natuurreservaat, Nasionale Botaniese Tuine, gholfbane, museums en winkelsentrums in.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Marissa V
Gesin met tieners
5.0
Vir seker waarde vir geld. Ons het heerlik geslaap. Alles was baie netjies en skoon. Ontbyt was regtig baie lekker.
Aug 2026
Marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Linda is 'n ongelooflike gasvrou, die verblyf en ontbyt was heerlik! Ons het heerlik gebly.
Aug 2026
Elsie D
Saam met vriende
5.0
Lekker. Baie dankie, ons het heerlik gebly. Baie dankie vir die ontbyt pakkie. Was baie lekker, veral die protein bars. Baie naby aan ons venue gewees...
Sien meer
Mrt 2026
Petri S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike Lekker Rus. Heerlike verblyf geniet en kon baie lekker slaap. gasheer was vriendelik en baie behulpsaam.
Feb 2026
Danie R
Saam met lewensmaat
5.0
Puik gastehuis. Pragtige plek, baie vriendelike gasvrou, het regtig die verblyf en ontbyt baie geniet.
Des 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 10 jaar

Antwoord gewoonlik binne 2 ure

Ligging

  • 378 Tau Street, Tierpoort, Pretoria, 0056, Gauteng
  • Gaste dink White Linen Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)
Bespreek

378 Tau Street, Tierpoort, Pretoria, 0056, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 20 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0d703784a3d11706e769edbd24c377592d493424a1be91232d59645c44bc8eae769c095fff64a80afcf4177fa43790707a0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 67 5 1 5 378 Tau Street Tierpoort 0056 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.883359105628 28.387143910407
Soek in 'n groter streek