LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+38
Selfsorg in Shelly Beach

Wild Waves



  • 40 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 755 Warriors Lane, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

Wild Waves bied verblyf in Shelly Beach aan die Hibiskuskus van KwaZulu-Natal. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Pure Venom Reptielpark, Shelly Centre, Skyline Natuurreservaat en verskeie strande in.

Let daarop dat die tariewe vir verblyf van 5 nagte en langer is, laat weet indien jy vir 'n korter periode wil bly.

Die verblyf bestaan uit 11 selfsorg-eenhede wat 3 chalets met see-aansigte en 8 woonstelle insluit. Vier van die woonstelle het see-uitsigte en 4 woonstelle het nie see-uitsigte nie en bied 'n uitsig oor die tuin. Die chalets het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis. Die woonstelle het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis. Elke eenheid het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 'n bad en 'n stort in elke badkamer. Die kombuise is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond en ketel toegerus. Geriewe in elke eenheid sluit 'n kluis, plafonwaaier en 'n TV met OpenView-kanale in. Indien gaste wil DStv kyk, kan hulle hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en alle kragkabels saambring. Die koppelpunt is nie geskik vir PVR- of Explora-dekodeerders nie.

Verder is daar 'n gemeenskaplike swembad, braai-areas, speelterrein vir kinders en onderdak-parkeerplek op die perseel.

Aktiwiteite in die omgewing sluit swem, skubaduik, visvang, gholf, diepseevisvang, snorkel en branderplankry in.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Skoonmaakdiens
Fietsry
Visvang
Wildkyk
Perdry
Bergfietsry
Swem

Kamers

Chalets
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Woonstel
  • Dubbelbed
  • Lees meer
2 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Die chalets met 'n see-aansig het 2 slaapkamers met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens en daar is 1 badkamer met 'n bad en stort. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof en oond en daar is braaigeriewe voor elke eenheid. Elke kamer het 'n dakwaaier en hierdie eenheid het 'n kluis.

Oorsig van kamer/eenheid
2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
TV
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Stoep/Binnehof
Kombuis & eetkamer
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Mikrogolfoond
Oond
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Temperatuurbeheer
Waaier
Vermaak
TV
Huisreëls

Let asb. daarop dat slegs Openview TV beskikbaar is, maar gaste kan hul eie DStv-dekodeerders, -kragkabels en -slimkaarte saambring.
Die koppelpunt is nie geskik vir PVR- of Explora-dekodeerders nie.
Handdoeke/kombuisvaddoeke word nie voorsien nie en gaste moet hul eie saambring.
Dagbesoekers word nie normaalweg toegelaat nie en die geriewe is slegs vir inwonende gaste.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Eenhede 10 tot 13
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Woonstel
  • Dubbelbed
  • Lees meer
4 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Hierdie eenhede het geen see-uitsig nie, maar wel 'n uitsig oor die tuin. Dié blok het 2 eenhede op die grondverdieping en 2 op die eerste verdieping.

Dié tweeslaapkamer-eenhede het elkeen 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 2 badkamers met 'n stort en 'n bad, en elke eenheid het 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof en 'n oond. Dakwaaiers, 'n kluis, 'n TV met Openview en braaigeriewe is beskikbaar.

Oorsig van kamer/eenheid
2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
TV
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Stoep/Binnehof
Kombuis & eetkamer
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Mikrogolfoond
Oond
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Temperatuurbeheer
Waaier
Vermaak
TV
Huisreëls

Let asb. daarop dat slegs Openview TV beskikbaar is, maar gaste kan hul eie DStv-dekodeerders, -kragkabels en -slimkaarte saambring.
Die koppelpunt is nie geskik vir PVR- of Explora-dekodeerders nie.
Handdoeke/kombuisvaddoeke word nie voorsien nie en gaste moet hul eie saambring.
Dagbesoekers word nie normaalweg toegelaat nie en die geriewe is slegs vir inwonende gaste.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Eenhede 6 tot 9
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Woonstel
  • Dubbelbed
  • Lees meer
4 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Hierdie eenhede het almal see-uitsigte. Die blok van 4 eenhede het 2 eenhede op die grondverdieping en 2 op die eerste verdieping. Die eenhede het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 2 badkamers met 'n stort en bad, asook 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n stoof en 'n oond in elke eenheid. Dakwaaiers, 'n kluis en braaigeriewe is beskikbaar.

Oorsig van kamer/eenheid
2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
TV
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Stoep/Binnehof
Kombuis & eetkamer
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Mikrogolfoond
Oond
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Temperatuurbeheer
Waaier
Vermaak
TV
Huisreëls

Let asb. daarop dat slegs Openview TV beskikbaar is, maar gaste kan hul eie DStv-dekodeerders, -kragkabels en -slimkaarte saambring.
Die koppelpunt is nie geskik vir PVR- of Explora-dekodeerders nie.
Handdoeke/kombuisvaddoeke word nie voorsien nie en gaste moet hul eie saambring.
Dagbesoekers word nie normaalweg toegelaat nie en die geriewe is slegs vir inwonende gaste.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

4.9/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Sanet D
Lang verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Des 2025

Lekker vakansie sonder steurnisse en gerieflik naby die strand. 2de keer dat ons by Wild Waves bly. Eerste keer was toe dit in besit was van die vorige eienaars. Ons het ons 10 aande slaap vreeslik geniet. Alles wat mens nodig het, is daar. Dit is so rustig en mens kan net afstap strand toe. Niemand kom pla jou onnodig nie, so mens kan net in rus en vrede bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christa W
Lang verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Mei 2025

Baie lekker. Dit was baie lekker gewees en die weer was onverbeterlik. Daar was egter een groot probleem wat volgens my in die toekoms aandag sal moet geniet. Die gaste wat in die chalet langs ons ingekom het, het die tydperk wat ons daar was geweldig geraas, geskreeu en totaal wanordelik. Hulle het die nag wat ons laaste nag was tot die volgende oggend 1h00 aangegaan met die lawaai. Ons kon by niemand gaan kla nie en kon ook nie met hulle praat nie, want hulle was almal onder die invloed. Hulle het in chalet 2 en 3 gebly. Needless to say, ons het 5 uur die Saterdagoggend gery en het geen slaap die vorige nag gehad nie. As daar iemand op die perseel is wat sulke gedrag kan aanspreek, sal dit Wild Waves nog 'n beter plek maak. Die vorige kere wat ons daar was, het die eienaar op die perseel gebly en ons het geen sulke probleme gehad nie. Dit was regtig jammer dat dit so die laaste aand gegaan het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Russell C
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
4.0
Jan 2023

Lovely stay. Child friendly. Great pool area. Overall experience good. Only thing I would suggest is upgrading TV, (for those rainy days) and stove needs replacing, very rusty due to the air I guess. But other than that, no complaints. Good place to be as it's super close to the beach, shops are nearby, holiday is quiet and peaceful. Lovely hosts, friendly and helpful.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Safiyya
Wild Waves
happy that you enjoyed your stay. great news is that wifi and smart tv's will be installed within the next few weeks. although the stove is in perfect working order, the solid plates do get rusted right on the beach - even if you replace the hob it will look the same within a year ....sorry for the salt eating all metal. That is unfortunately part of the joys of living right on the beach.

Jolandi C
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2022

We could not have asked for better hosts, location or accommodation. Our stay at Wild Waves was by far the high light of our holiday. Gerrit & Elsie made us feel right at home. We will definitely be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Safiyya
Wild Waves
Dankie Jolandi, dit was 'n plesier om sulke gawe mense te huisves.

Nozuko G
Kort verblyf
5.0
Aug 2022

The best ever. Tranquility and more tranquility with warm hosts.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rosie O
Lang verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Was 'n heerlike vakansie. Skoon, netjiese verblyf. Baie goeie ontvangs, eienaars is baie vriendelik en hulpvaardig!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Safiyya
Wild Waves
Dankie Rosie, dit was heerlik om julle hier te hê.

Francois T
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2022

Rustig en ontspannend. Ons het dit baie geniet. Dit is 'n ruim en gerieflike eenheid waarin ons te wone was. Alles is netjies en mooi instandgehou. Dit is ook naby aan alles geleë, maar ook tog nog baie privaat gewees. Sal beslis weer daar te wone gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Safiyya
Wild Waves
Dankie Francois, dit sal lekker wees om julle weer hier te ontvang.

Jaco N
Kort verblyf ⋅ Besigheidsreis
5.0
Apr 2022

Wild Waves vir 'n bietjie kalmte op 'n besige sakereis. Baie netjies met goeie diens vanaf die personeel. Goeie kommunikasie ten alles tye. Kan hoog aanbeveel word vir sakelui of vakansiegangers.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Minki V
Lang verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

Fantastiese diens, atmosfeer en ligging! Ons het die verblyf ongelooflik baie geniet en sommer gewens ons kon nog 'n paar dae aanbly. Die huisie is baie netjies met alles wat ons nodig gehad het. Die eienaars is baie vriendelik en buig regtig agteroor om aan al die gaste se behoeftes te voorsien. Dit was so lekker om 'n klipgooi van die strand af te wees met die kompleks se eie privaat hekkie vir toegang daarvan. Ons en die kinders het ook vreeslik die braai-, swem- en speelareas baie geniet op die dae wat ons nie lus was vir 'n strand ekspedisie nie. Vreeslik dankie vir 'n heerlike rustyd!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Safiyya
Wild Waves
Hi Minki, dankie vir die positiewe resensie. Dis altyd lekker om te hoor dat gaste die verblyf en vakansie geniet het. Hoop om julle gou weer te sien.

Albert V
Lang verblyf
4.6
Okt 2022

Baie still en rustig. Baie geniet, net die loadshedding 'n pyn met tye.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Safiyya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 10 jaar

Antwoord gewoonlik binne 2 ure

Ligging

Gaste dink Wild Waves het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 17:00
Uitklok Voor 09:00

Let asb. daarop dat slegs Openview TV beskikbaar is, maar gaste kan hul eie DStv-dekodeerders, -kragkabels en -slimkaarte saambring.
Die koppelpunt is nie geskik vir PVR- of Explora-dekodeerders nie.
Handdoeke/kombuisvaddoeke word nie voorsien nie en gaste moet hul eie saambring.
Dagbesoekers word nie normaalweg toegelaat nie en die geriewe is slegs vir inwonende gaste.

Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R850
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R850
per nag, vir 2 mense
Bespreek

755 Warriors Lane, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 40 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJiNzE3MzQzLThhZDYtNGI4ZC05YzVmLTllYTllYzRmYTkzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 47 5 1 5 755 Warriors Lane Shelly Beach 4265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 09:00 -30.794452589842 30.419881019049
Soek in 'n groter streek