Noordhoek Akkommodasie by Willow Beach House | LekkeSlaap
+22

Willow Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Willow-straat 8, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 800 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Willow Beach House is 'n pragtige huis met 3 slaapkamers op Long Beach se duine in Noordhoek. Dié moderne tuiste is deur 'n plaaslike argitek ontwerp en het smaakvolle interieur.

Die huis het 3 slaapkamers, 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis, 'n groot onderdakstoep en verhitte swembad. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié kamer is op die boonste verdieping en het glas-skuifdeure wat lei na 'n balkon met 'n lieflike uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en lei na 'n dek met 'n see-uitsig. Dié kamer het toegang tot 'n buitestort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en skuifdeure lei na 'n dek met 'n berg- en tuin-uitsig. Dié kamer het ook toegang tot 'n buitestort.

Die oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea lei an 'n onderdakdek met stoepmeubels. Die leefarea het 'n leeshoekie in die galery, asook 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis het 'n losstaande Smeg-gasstoof en -elektriese oond, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en aparte opwaskamer. WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n sonverhitte swembad wat vir veiligheid bedek word. Verder is daar gerieflike buitemeubels, braaigeriewe, 'n omheinde tuin, houtdek rondom die huis en sonstoele. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar. Daar is ook 'n kluis, alarmstelsel, en toesluitbare skuifdeure by die tweede en derde slaapkamer. 'n Addisionele slaapkamer in die kothuis kan bespreek word vir 'n groter gesin. Willow Beach House word omring deur fynbos en het pragtige uitsigte oor die strand, berge en duine. Dus is dit die ideale bestemming vir diegene wat na rustigheid verlang, maar ook naby geriewe wil wees.

Slaapplek

’n Bespreking by Willow Beach House sluit in:

Koninggrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbedjie
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Willow-straat 8, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 800
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R4 800
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Willow-straat 8, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDExNjZlMTBkLWM3NzEtNDcyNi04MWE4LTczN2I2NWFmNTkxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 800  per nag (vir 6 persone) 8 Willow Street Noordhoek 7979 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-23:00 10:00 -34.099166 18.36039
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za