- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - R712, Clarens, 9707, Vrystaat Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Willow Villas bied gerieflike selfsorgverblyf en is in 'n rustige deel van die Clarens Gholf Landgoed geleë. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Daar is verskillende eenhede wat vir elke smaak voorsien. Willow Creek Villas beskik oor 2 semi-losstaande eenhede wat elkeen slaapplek aan 4 gaste bied. Albei villas het 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het skuifdeure na die houtdek en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die Willow Creek Villas het warm lakens op die beddens en matte is verhit in die kamers. Verder is daar ligverhitting in die badkamers. Die leefarea het 'n kaggel vir die koue winter aande. Die Villas het elk 'n toegeboude motorhuis met outomatiese motorhuisdeure.
Willow Rest Villas beskik oor 2 semi-losstaande eenhede wat elkeen slaapplek aan 4 gaste bied. Elke villa het 2 slaapkamers met een badkamer. Die badkamer het 'n ruim dubbelstort. Die hoofslaapkamer het skuifdeure na die geteëlde dek en beskik oor 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed.
Die Willow Rest Villas het warm lakens op die beddens met muurverhitting in die kamers. Verder is daar ligverhitting in die badkamers en 'n ingeboude kaggel in die leefarea. Elke Villas het onderdakparkeering.
Al vier villas het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste en 'n TV met DStv (Kommersiële Pakket). Die leefarea het ook skuifdeure na die geteëlde dek.
Daar is 'n ingeboude braai en buitemeubels op die dek in elke villa.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Diaan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 160
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R712, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Willow Villas het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R712, Clarens, 9707, Vrystaat
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang