Witteberg Nature Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Witteberg Natuurreservaat is sowat 250 km vanaf Kaapstad in die hartjie van die Witteberge, halfpad tussen Touwsrivier en Laingsburg en suidwes vanaf die historiese Matjiesfontein.

Dié selfsorgverblyf bied ’n woonstel met slaapplek vir 5 in 2 slaapkamers en daar is ’n slaapbank in die leefarea. Verder is daar ’n vierslaapkamer-woonstel met 2 slaapkamers, ’n oopplan-woonstel met slaapplek vir 2 en ’n rustieke, historiese kothuis met slaapplek vir 8, waar gaste ook kan kamp. Ons eenhede is ten volle gemeubileer en toegerus vir selfsorg en sluit linne en handdoeke in. Daar is eetgerei, breekware en meeste kombuistoebehore wat jy sou benodig. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar.

Ons water voldoen aan SABS standaarde vir huishoudelike doeleindes en menslike gebruik. Bring net jou eet- en drinkgoed saam – daar is geen winkels in die reservaat nie en ons bied nie maaltye nie.

Die reservaat strek oor 4365 hektaar bergagtige terrein, en vorm 'n oorgangsgebied tussen die Klein Karoo en Groot Karoo. Ons hooffokus is die bewaring van die Witteberge se fynbos.

Betowerende bergtonele, artefakte vanuit die vroeë Steentydperk, kultuurhistoriese strukture en -ruïnes, interessante rotsformasies, wild, voëls, korsmosse, mariene spoorfossiele, drie Matjiesfontein fynbossoorte en ’n helder sterrehemel is genoeg om menige natuurliefhebber te betower.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Witteberg Nature Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za