Xanadu Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Xanadu Guest House bied gerieflike, skoon selfsorgverblyf in 2 ruim tuin-chalets en 'n dubbel suite wat in die rustige vakansiedorpie, Southport, net 10 km noord van Port Shepstone geleë is.

Ons verblyf word aangebied in 3 chalets met lugversorging, die Hibiscus Tuin-chalet, die Agapanthus Chalet met 'n see-uitsig en Frangipani. Die Hibiscus Tuin-chalet is op die grondvloer en bied slaapplek vir 4 gaste. Daar is 1 dubbelbed en 'n 2 driekwartbeddens in die chalet. Die Agapanthus Chalet met 'n see-uitsig is op die eerste vloer en dit bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 1 koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n stapelbed in die chalet. Frangipani het 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer en 'n kombuisie. Al die chalets het lugversorging, is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n badkamer met 'n stort, 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, tweeplaatstoof en toebehore en 'n platskerm-TV. Gaste geniet toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Southport-strand is die strand wat mees onlangs Blouvlagstatus in KwaZulu-Natal verwerf het. Dié strand het braaiplekke in die skadu van melkhoutbome, daar is pragtige sandstrande met rotspoele, 'n getypoel vir die kinders, veilige parkering met wagte, skoon ablusiegeriewe en lewensredders. Southport-strand bied ook die geleentheid om dolfyne en walvisse te sien. Die Oribi Gorge Natuurreservaat is minder as 40 km weg met sy skilderagtige uitsigte en die geleentheid vir voetslaan. Port Shepstone Country Club is die juweel van die Suidkus en dis een van Suid-Afrika se gunsteling-gholfbane en -landgoedere. Die baan grens aan die Umzimkhulu-rivier en die Indiese Oseaan.

Port Shepstone is minder as 10 km weg en daar kan gaste 'n verskeidenheid winkels en restaurante aantref. Die oorddorpies Shelly Beach, St Michael's, Uvongo en Margate is almal minder as 30 km weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Xanadu Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za