ZaZoe Xperience

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

ZaZoe Xperience & Lodge bied alles van selfsorgverblyf tot verblyf met dienste. Die klein, intieme lodge met sy rietdak-chalets is op ’n private wildpark van 1 300 hektaar geleë waar jy ’n ryk voëllewe, asook verskeie soorte wildsbokke, kameelperde, sebras, volstruise, vlakvarke en vosse kan besigtig. Selfs jagluiperde, luiperde, hiënas en jakkalse word af en toe gesien, maar hulle kom en gaan soos hulle wil.

Pragtige kremetartbome, asook maroela-, knophoring-, jakkalsbessie-, mopanidoring-, jakaranda- en ander bome groei volop hier.

Daar is 7 chalets/rondawels wat maksimum 18 gaste kan huisves. ZaZoe Lodge is naby Swartwater in Limpopo geleë en jy sal nie sommer hierheen verdwaal nie. Dit word op die meeste kaarte van Suid-Afrika en/of Limpopo aangedui. Dis in die noorde, naby aan die Botswana-grens (die Limpoporivier) en gerieflik op die R572 tussen Tom Burke en Alldays geleë.

Kom ontspan en geniet die bosveld vir ’n paar dae of oornag in die lodge op pad na Botswana of Zimbabwe of sommer met die terugkomslag. Die lodge is gerieflikheidshalwe tussen die grensposte Platjan, Zanzibar en Groblersbrug/Martinsdrif geleë.

Die eienaars, Rex en Natascha Snelder, sal alles in hul vermoë doen om jou besoek onvergeetlik te maak. In Mei 2014 het hulle die Zoover Award in die kategorie "lodges" in Suid-Afrika ontvang. Die gemiddelde beoordeling deur hul gaste was 9.03 (uit 10 uit)! Die gaste was veral beïndruk met die diens en persoonlike aandag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na ZaZoe Xperience gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 140 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za