116 Zebula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

116 Zebula is 'n selfsorg-vakansiehuis met 'n puik ligging in die Zebula Gholflandgoed en Spa. Zebula spog met 'n 5-ster-gholflandgoed, natuurreservaat, gesondheid-spa, en is op 'n stuk Afrika-bosveld van 1600 hektaar in die skadu van die Waterberge.

Dié selfsorghuis het slaapplek vir 10 gaste. Die 2 en suite-slaapkamers en die tweeslaapkamer-chalet het lugversorging en buitestorte. Een van die slaapkamers in die chalet het 'n kamertjie met 'n stapelbedjie vir peuters tot 8 jarige ouderdom. Al die slaapkamers het driekwartbeddens wat in koninggrootte-beddens omskep kan word. En elke slaapkamer het 'n TV met DStv.

Die hoofhuis het 'n groot oopplan-sitkamer met 'n kaggel, eetkamer, en 'n kombuis wat ten volle toegerus is met alles wat mens benodig vir selfsorg. Die kombuis het 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, en potte en panne.

Die huis het ook 'n kuierarea buite met 'n ingeboude braai en 'n swembadjie met 'n veiligheidsnet. Onderdakparkeerplek is beskikbaar en 'n skoonmaakdiens is ingesluit (nie op openbare vakansiedae nie).

Slaapplek

'n Bespreking by 116 Zebula sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kaggel

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 116 Zebula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 400 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za