205 Zebula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

205 Zebula bied selfsorgverblyf in die Zebula Gholflandgoed en Spa. Zebula is op 1600 ha Afrika-bosveld in die Waterberge se skadu geleë en bied 'n 5-ster-gholflandgoed, natuurreservaat en 'n gesondheidspa. Die huis is langs die berg aan die einde van 'n doodloopstraat met lieflike uitsigte vanaf die huis se voor- en agterkant.

Verblyf word gebied in 'n selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste en 'n kothuis. Die huis beskik oor 4 slaapkamers waarvan 2 en suite-badkamers het. Daar is 3 kamers het lugversorging. Daar is 3 badkamers in totaal. Die kombuis is ingerig vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, potte en panne. Daar is 'n kaggel en 'n TV met DStv. Die onderdak-kuierarea het losstaande braaigeriewe, en daar is ook 'n boma en omheinde swembad.

Die kothuis word apart verhuur. Dié selfsorgkothuis het 2 en suite-slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n bad en 'n stort in elke badkamer. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook in 'n dubbelbed omskep kan word. Die kombuisie het 'n mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. In die sitkamer is daar 'n kaggel en op die patio is daar 'n ketelbraai. 'n Platskerm-TV met DStv is ook beskikbaar. Die kothuis lê hoog teen 'n berg en bied asemrowende uitsigte oor Zebula. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Daar is ook 'n vuurput vir gesellige aande onder die sterre. Skoonmaakdienste is nie ingesluit nie, maar kan gereël word teen ekstra kostes.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 205 Zebula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za