73 Zebula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zebula 73 is 'n selfsorgvakansiehuis wat op die Zebula Gholf-landgoed en Spa geleë is. Zebula is op 1600 hektaar Afrika-bosveld in die skaduwee van die Waterberge geleë. Dis 'n gholflandgoed, natuurreservaat en spa.

Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 10 gaste. Daar is 5 slaapkamers met lugversorging en elkeen het 'n en suite-badkamer. Die uitleg vloei pragtig vanaf die kombuis na die dek-leefarea en swembad, en die eenheid is naby die klubhuis. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde, vierde en vyfde slaapkamer bevat elk 2 enkelbeddens. Let daarop dat die vyfde kamer kleiner is en buite die huis geleë is.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond en potte en panne. Daar is 'n kroeg met 'n yskassie. Die boonste area het 'n pooltafel en stoep waar gaste skemerkelkies kan geniet met 'n uitsig op die Waterberge.

Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv en 'n kaggel. Dié vertrek vloei na 'n onderdak-kuierarea buite met 'n ingeboude braai. Die stoep lei na 'n dek met sonstoele en 'n verhewe swembad met 'n veiligheidsnet.

Daar is ook 'n boma met 'n vuurput waar gaste saans onder die sterre kan sit en kuier. Die huis is net 'n entjie se stap van die klubhuis af. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. Skoonmaakdiens is ingesluit, maar is nie beskikbaar op openbare vakansiedae nie.

Slaapplek

'n Bespreking by 73 Zebula sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 73 Zebula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za