Port Edward Akkommodasie by Zesty Guesthouse | LekkeSlaap
+42

Zesty Guesthouse

15 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Valleiweg 1036, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Zesty Guesthouse bied gerieflike verblyf aan in Port Edward, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal.

Ons kan 34 mense gerieflik akkommodeer in die selfsorg-eenhede, die en suite-dubbelkamers of in die gesinseenhede. Elke kamer is ingerig met lugversorging of waaiers, 'n TV met DStv, 'n haardroër, bedlinne en handdoeke, koffie- en teegeriewe en ook 'n werktafel met 'n rekenaarstoel.

Gaste is welkom om langs die swembad te ontspan, te swem en die braaigeriewe te gebruik. 'n Kontinentale ontbyt is beskikbaar. Die gastehuis het 'n pragtige eetkamer, en ook 'n meer informele ontbyt-area waar jy 'n koppie koffie kan geniet. Jy kan jou ontbyt binne of buite eet. Buite is daar 'n lekker houtdek. Daar is houtvloere aan die bokant van die trappe en in die sitkamer sal jy die gastehuis se leuse "Tranquility in Luxury" aantref. Stap deur die goedversorgde tuin — dit is die perfekte plek om 'n bietjie te gaan ontspan.

Port Edward is lê weggesteek tussen die warm Indiese Oseaan en die heuwels van KwaZulu-Natal. Hier vind jy 'n oorvloed sand, natuurreservate en wandelpaaie. Plaaslike doendinge sluit die volgende in: fietsry, stap, gholf, watersport, die Water World Pretpark, die Wild Coast Casino, natuurreservate, haaihokduik, 'n koffieplaas, 'n ligtoring, visvang, die Oribi-Gorge Zip-line en diepseehengel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 15 resensies vir Zesty Guesthouse
Netheid
4.4/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Valleiweg 1036, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Zesty Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Valleiweg 1036, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvVtuOCOLIUQdXRC3fOGXiSB3nm5Y92ErzzBXpH4zH7GvVolLHK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 1036 Valley Road Port Edward 4295 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -31.05008 30.215092
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za