Skrywer: Adriëtte le Roux
Adriëtte is 'n ou siel. Haar vriende en familie lê haar naby die hart. Sy kan nie verby 'n hond of kat loop sonder om 'n geselsie aan te knoop nie. Verf en kook is net twee van verskeie stokperdjies en sy werk graag in die tuin tot die sterre uitkom. Na 'n kort rukkie in die onderwys en die uitgewerswese het sy by die span aangesluit sodat sy meer kreatief kon wees en omdat sy daarvan hou om plaaslik te reis. As taalliefhebber glo sy dat jy altyd 'n lelike ding op 'n mooi manier kan sê en dat elke persoon wat ons ontmoet vir ons iets kan leer ─ as ons net die moeite doen om te vra.

Ons kuier in Clanwilliam ─ kom saam!
Clanwilliam lok met goeie rede al vir derduisende jare elke hierjy en herder om te kom kuier en kamp opslaan. Dié “hoofstad van die Cederberg” se eeue-oue aantrekkingskrag is sigbaar in die streek se groot konsentrasie rotstekeninge en in sy pragplase wat al vir generasies in dieselfde families is ─ van die jare toet tot […]
12 Mei 2022

Visvangvakansie? Hier kan jy lekker slaap én hengel
Ons het blyplekke regoor Suid-Afrika gaan soek waar jy vir ’n naweek kan wegbreek én op die perseel kan visvang ─ van forel tot baars en kabeljou tot katvis, hier is iets van alles.
17 Maart 2022

Suid-Afrikaanse roadtrips vir jou reislysie
Waarheen vat jy vanjaar die langpad? LekkeSlaap.co.za het gaan ondersoek instel na Suid-Afrika se gewildste roetereise, oftewel roadtrips. So, as jy reis-inspirasie vir die komende jaar soek en lief is vir nuwe landskappe, gesigte en stories, lees ’n bietjie verder. Panoramaroete Mpumalanga Pak jy hierdie kronkelende roete al langs die noordoostelike Drakensberg-platoraand aan, wag panoramiese […]
13 Januarie 2022

’n Aand by die Pearl Valley Hotel by Mantis
Rooi en geel speldekussings, wildesalie en heide wuif vanaf weerskante van die pad soos ons die Pearl Valley Golf Estate and Spa buite die Paarl nader. Dit is hier, by Pearl Valley Hotel by Mantis, waar ons die aand oorbly. Deur die ruit se oop skrefie waai die geur van fynbos en nat grond wat […]
25 November 2021

Dié Suid-Afrikaanse stories sal by jou spook!
Die mens is gemaak vir stories – die bewyse is om elke kampvuur waar verhale die geselskap laat lag, huil, jil of ril te vind. LekkeSlaap het dit goedgedink om ’n paar van Suid-Afrika se spookstories te gaan opskryf vir lesers se grillerige genot. En, as jy die stories eerstehands wil ervaar, kliek gerus deur […]
21 Oktober 2021

Spreek jy hierdie plekname reg uit?
Praat jy ook sagter as jy Pniël moet sê? Suid-Afrika is ’n groot, diverse plek met ’n skynbaar ontelbare versameling dorpe, nedersettings en gehuggies, sommige met name wat maar vreemd op die tong val. Tog wil ’n mens nie jou naam met ’n plank slaan as jy met vakansie die naambordjies langs die pad lees nie. LekkeSlaap het ’n rits plekname wat ons weet Afrikaanssprekendes soms windskeef uitspreek. Spreek jy hulle reg uit? Lees ’n bietjie verder om seker te maak.
8 September 2021

Steenbokfontein ─ Storie van ’n seeplaas
By Steenbokfontein, ’n seeplaas net buite Lambertsbaai aan die Weskus, het álles ’n storie. LekkeSlaap.co.za het onlangs ’n Kaapse draai by hierdie besonderse plek gemaak om al sy vertellings te hoor en uit te vind hoe jý ook Steenbokfontein deel van jou storie kan maak.
11 Augustus 2021

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar
Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.
15 Julie 2021








