Skrywer: Adriëtte le Roux
Adriëtte is 'n ou siel. Haar vriende en familie lê haar naby die hart. Sy kan nie verby 'n hond of kat loop sonder om 'n geselsie aan te knoop nie. Verf en kook is net twee van verskeie stokperdjies en sy werk graag in die tuin tot die sterre uitkom. Na 'n kort rukkie in die onderwys en die uitgewerswese het sy by die span aangesluit sodat sy meer kreatief kon wees en omdat sy daarvan hou om plaaslik te reis. As taalliefhebber glo sy dat jy altyd 'n lelike ding op 'n mooi manier kan sê en dat elke persoon wat ons ontmoet vir ons iets kan leer ─ as ons net die moeite doen om te vra.

Romantiese bergkothuise vir die winter
Die winter is hier en met die dae wat soveel korter is, is dit maklik om elke dag van punt A tot B te jaag en in die proses tred van jou spesiale persoon te verloor. Hoekom dan nie die koue uit die winter haal met ’n romantiese wegbreek in die berge nie? LekkeSlaap.co.za het […]
9 Junie 2021

Vreemde (maar fantastiese) blyplekke
Nog altyd gewonder hoe dit sou wees om binne-in ’n kokosneut te bly? En wat van ’n aand in ’n swierige graansilo of ’n opgedollie-de voortrekkerwa? Dan is daar natuurlik die opsie om op ’n skip in die middel van die Karoo te bly, of in ’n “gestrande” trein. Met LekkeSlaap se keur gerieflike dog […]
28 April 2021

Hessequa: Die Tuinroete sonder die skares
“Mense van die bome” ─ dís wat Hessequa in Khoi beteken, en dis ’n gepaste naam, want dié lowerryke, Wes-Kaapse kusstreek wat dorpies soos Stilbaai, Riversdal, Witsand en Albertinia insluit, is ’n plek waar die wêreld nog om gasvrye hartsmense en die natuur draai, met pragtige landskappe in oorvloed. Hier sal moeë stadsiele en avontuurlustiges […]
26 Maart 2021

Verblyf in Stellenbosch: Laat 10 Alexander B&B jou bederf!
As jy op soek is na verblyf in Stellenbosch, naby die universiteit, die middedorp of wynlandgoedere of ‘n basis om dorpe rondom die Eikestad te besoek, is 10 Alexander ‘n uitstekende keuse. Lees hier oor LekkeSlaap se ervaring van hierdie Mediterreense gastehuis.
3 Februarie 2021

Wenke om die wonderlike Wildekus te tem
By die aanhoor van die naam skrik die Wildekus sekerlik heelparty mense af, maar dit sal daardie mense op ’n stukkie Suid-Afrikaanse paradys laat uitmis. Ja, jy kan gerus maar ’n bietjie oplees vóór jy die pad na die eertydse Transkei vat, maar die Wildekus se wilde kant moet beslis niemand van ’n reis na […]
6 Januarie 2021

100 redes om mal te wees oor Suid-Afrika
Met die koms van die somervakansieseisoen kan talle mense ’n sug van verligting slaak na ’n verwarrende jaar. Om dit te vier het LekkeSlaap ’n lys met ’n honderd redes waarom ons mal is oor ons land opgestel. Wat is alles op jou lysie? Laat weet ons in die kommentaar hieronder. 1. Aangesien hierdie ’n […]
14 Desember 2020

Klink ’n glasie by SA se vreemdste kroeë
Hierdie artikel het op Maroela Media verskyn. Jy kan ’n paar rare verhale en wonderbaarlike wolhaarstories in die meeste kroeë te hore kom ─ soveel te meer as jy langs iemand wat al ’n tydjie daar is opeindig … Maar Suid-Afrika het ook eklektiese kroeë wat só vreemd is dat hulle in eie reg op […]
25 November 2020

Dié strandhuise is nog beskikbaar vir Desember
Soos gesien op Maroela Media. Al moeg gesoek na die perfekte strandhuis vir Desember? Teen Oktober is blyplek teen die kus vir die somervakansie so skaars soos hoendertande, maar moenie bekommer nie! Met LekkeSlaap.co.za is jy sommer binne ’n japtrap uitgesorteer. Rol af ek kyk na ons versameling gesinsvriendelike vakansieverblyf naby die see wat nog […]
21 Oktober 2020








