Kategorie: Wes-Kaap

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe
Dokters meen dat lag en goeie musiek ’n mens se lewe drasties kan verleng, daarom skryf ons Wicus Van Der Merwe en Pietman Geldenhuys se Kombi-nasie-vertoning voor om die naderende wintergriep hok te slaan! Dit raak hoeka nou tyd vir Walviskyk in Hermanus, en Hartenbos aan die Tuinroete is ook mooi hierdie tyd van die […]
15 April 2019

’n Handvol redes om die salige Sederberge te besoek
Soos gesien op Maroela Media. Die Sederberge is een van die Wes-Kaap se juwele. Met sy betowerende rotsformasies, ongerepte natuurskoon, oeroue rotstekeninge en hemelse stilte, bied dié area ’n idilliese wegbreek. Dis slegs 250 kilometer noord van Kaapstad en strek vanaf die Sederberge by Citrusdal en Clanwilliam, regdeur die Middelvallei van die Olifantsrivier tot by […]
29 Maart 2019

12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek
By die Twelve Apostles Hotel and Spa in die mooie Moederstad kan jy uitstekende diens, vyfster-geriewe én ’n wêreldklas uitsig te wagte wees. Maar al kyk hierdie indrukwekkende hotel oor Suid-Afrika se duurste kuslyn uit, hoef jy nie ’n bank te beroof om ook dié luukshede te ervaar nie. LekkeSlaap gee twaalf redes waarom hierdie […]
27 Maart 2019

Safari in die Kaap: Die Wes-Kaap Wys Haar Wilde Kant
Soos gesien op Maroela Media As jy al ooit voet aan wal in die Wes-Kaap gesit het, of net met ’n Kapenaar gesels het, sal jy weet dat daar sekere dinge is waaroor ons met trots spog. Van die wêreldbekende wynlande, natuurskoon en kuste, Kaap-Hollandse gewels, die familie se vakansiehuis in Stilbaai, Hartenbos of Waenhuiskrans, […]
13 Maart 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis
Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad! Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar. Koos Kombuis tree […]
25 Februarie 2019

Die Beste in die Weste: Best Western Cape Suites Hotel
Die res van die wêreld se Best Westerns mag dalk dink hulle kraai koning, maar die beste in die weste is beslis ’n Kaapse ding. LekkeSlaap het onlangs op ’n woeste winderige dag in die Moederstad ’n draai by die Best Western Cape Suites Hotel in Zonnebloem gaan maak. Tot die vroeë 19de eeu was […]
6 Februarie 2019

Gesinspret en Salige Weskusdae in Dwarskersbos
As jy soggens op jou stoep aan ’n koppie boeretroos teug, die vars Weskus-briesie aan jou vel voel streel en die branders in die verte hoor druis, wéét jy jy het ’n vreedsame vakansiebestemming gevind. Maar die jongspan benodig beslis meer as rus en vrede om ’n wegbreek te geniet! Daarom deel LekkeSlaap graag dié […]
23 Januarie 2019

Kom maak ’n draai by die diva van Darling!
In ’n klein Swartlanddorpie, net duskant die Kaap, lê ’n ou treinstasie in pienk, wit en blou uitgedos om jou te vermaak. Dié ou treinstasie ─ ’n perron as’t ware ─ is die tuiste van Suid-Afrika se gunsteling-tannie, met rooi lippe en grys hare. Ja, dis Darling se eie diva: Evita Bezuidenhout. Evita se Perron […]
16 Januarie 2019








