Kategorie: Wes-Kaap

Pollie, ons gaan Paarl toe!
Die LekkeSlaap-span het vanjaar op 9 Augustus die #WomenInTourism-geleentheid in die Paarl-omgewing bygewoon wat deur Metrorail en die Drakenstein-munisipaliteit aangebied is. Ná ’n heerlike treinrit vanaf die Kaapstadstasie is ons in die Langkloof Roses-teekamer met heerlike koek en tee bederf voordat ons vir ’n smullekker middagete by die Rhebokskloof-wynplaas aangesit het. Die dag is afgesluit […]
23 Augustus 2017

Arniston: ’n Dorpie vol skatte
Ons almal wil ’n huisie by die see hê of ten minste net ’n heerlike seevakansie! As jy egter nie tussen ’n skare wil sonbaai nie, is die vreedsame Arniston in die Overberg die ideale plek. LekkeSlaap het in hierdie dorpie gaan kuier en vertel jou graag van al sy skatte, asook waar jy ’n […]
17 Augustus 2017

Kom uit onder die radar en gaan groen!
Voel jy soms vasgevang deur tegnologie? Die wêreldwye web slaap nooit nie. Facebook, Whatsapp, en Instagram is altyd wakker, en voor jy jou kom kry, is jy toegespin in ’n FOMO-kokon ─ al laai jy self niks op nie, maak die wete dat jy dalk iets gaan mis jou senuweeagtig. Wat van ’n wegbreek waar […]
10 Augustus 2017

Wildvakansie by die See!
Wat ons land se natuurskoon betref, is daar veral twee eienskappe wat uitstaan: seldsame wild en ongerepte kuslyn. Suid-Afrika is die enigste Afrika-land wat spog met die Groot 7. Buffels, luiperds, renosters, leeus, olifante, noordkapperwalvisse én grootwithaaie het almal Suid-Afrikaanse burgerskap. LekkeSlaap het ’n paar bestemmings opgespoor waar jy ’n wild- en seevakansie kan kombineer! […]
8 Augustus 2017

9 Oorde met Hope Gesinspret
Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]
2 Augustus 2017

15 Troukapelle so rég uit ’n sprokie
Of jy nou al van kleins af droom van ’n intieme troue, of uiteindelik ’n kans neem op die liefde (selfs vir ’n tweede keer), LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike kapelle waar jy en jou geliefde die eed kan sweer. Mik jy vir die berge, die wingerde of die bos? Sê “ja!” in een van […]
28 Julie 2017

Ons kitsgids tot SA se SANParke
Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die […]
26 Julie 2017

Dié Week se Beste Sneeufoto’s
Hooffoto verskaf deur Leon Laubscher. Ons sonskynland het die afgelope week sommer baie sneeu gesien en Suid-Afrikaners het die kostelikste kiekies geneem om dié sprokiestoneel vas te vang. Ons het van die beste sneeufoto’s op ons landgenote se Instagram-profiele gaan opspoor en ons kan amper waarborg dat jy nie deur hierdie blog sal kom sonder om […]
21 Julie 2017








