Kategorie: Wes-Kaap

Kaapstad na die Brand
Sewe dae na die verwoestende brand by Ou Kaapse Weg en Chapman’s Peak het ek en die fotograaf, Pieter Wolhüter, gaan ondersoek instel. Kyk na die pragfoto’s hieronder – jy sal nie glo hoe vinnig Moeder Natuur herstel nie! Daar is hoop!
12 Maart 2015

Begin jou huweliksreis hiér: Kennedy’s Beach Villa
Kennedy’s Beach Villa bied absoluut eksklusiewe akkommodasie in die beeldskone natuurlike omgewing van Onrusrivier, net buite Hermanus op die Kaapse Walviskus. Die Villa is bekroon as een van die mees romantiese wittebroodbestemmings in die Wes-Kaap en is spesifiek ontwerp vir paartjies. By hierdie uiters private en elegante Villa, verbloem in ‘n Melkhoutwoud, word ‘n organiese […]
12 Februarie 2015

One&Only: Die storie agter die glorie
Ek het met hoë verwagtings by die One&Only aangekom. Die hotel word immers geag as die beste in Kaapstad en spog met ‘n rits toekennings agter sy naam. Die vyf sterre, die grootste swembad, internasionale bekendes as gaste … die een en die enigste. My verwagtings is egter op ‘n ongewone wyse oortref. Ja, hier […]
12 Februarie 2015

Outeniekwa/Harkerville-staptoer: die Tuinroete te voet
Vir my is daar niks wat naby die betowerende Tuinroete kom nie. Kan mens werklik die Tuinroete in ‘n blog-inskrywing opsom? Beslis nie! Daarom deel ek eerder my mees onlangse ontmoeting met dié hartsplek deur foto’s. Vir my is die Tuinroete sinoniem met vakansie: kampeer in die Tsitsikamma-woud naby die oulike stranddorpie Nature’s Valley of […]
11 Februarie 2015

10 somerstrande waar jy die magdom mense kan vermy
“Op die strand, rooi verbrand. Ronde klippies in jou hand. Streepsambreel, ronde bal. Seesproei wat soos motreën op jou kop val,” sing Laurika. As jy graag ‘n plekkie ver van die rooi lywe soek om jou strandhanddoek oop te gooi – loer bietjie hieronder! Ek het ‘n paar versteekte strande ontdek waarvan die magdom vakansiegangers […]
4 Februarie 2015

Egte Weskus-ervaring by Muisbosskerm, Lambertsbaai
Na ‘n paar stamperige kilo’s op ‘n grondpad kom ons uiteindelik by Muisbosskerm, ‘n spul droë bossies langs die pad. Muisbosskerm is 5 km suid van Lambertsbaai langs die R365 (Elandsbaai se grondpad) geleë. Hierdie buitelugrestaurant is so ampertjies op die strand; net 5 trappies en dan voel jy die sand tussen jou tone. Muisbosskerm het begin toe die […]
28 Januarie 2015

Die beste padstalle
‘n Padstal bring lafenis op die langpad. ‘n Baken van hoop op die horison. Dit is ‘n oase wat langs die warm teerpad opduik, gewoonlik net wanneer jy jou nuwejaarsvoornemens oor geduld begin vergeet. Want die huis is nog ver, die padkos is op, en die kinders skop sonder ophou teen jou rugleuning. Sodra die […]
16 Januarie 2015

By Bushmans Kloof kan julle liefde aan mekaar beloof
Bushmans Kloof is lafenis vir die siel. Hierdie luukse lodge is in die majestueuse Sederberge geleë en die ongerepte natuurskoon met sy ruwe rotse kontrasteer pragtig met die elegante interieur. Dit is die ideale plek vir ‘n wittebrood. Die Sederberge is 500 miljoen jaar oud en was vroeër die tuiste van groot troppe wild en die gelyknamige Sederboom. […]
12 Januarie 2015








