Kategorie: Wes-Kaap

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar
Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.
15 Julie 2021

Spoke, gin en tee ─ dít alles in Namakwaland
Van ’n ou tronk, koffie op ’n berg en ’n unieke ginproe-ervaring, tot verblyf by ’n ou klooster ─ dit is alles in Vanrhynsdorp en die omgewing te vinde! LekkeSlaap is onlangs na dié deel van Namakwaland genooi om ’n bietjie na die vriendelike mense se interessante stories te luister en alles wat mooi is […]
24 Mei 2021

Lambertsbaai: die kuns-, kos- kultuur- en kurio-mekka aan die Weskus
Mense is geneig om te dink dat Lambertsbaai net nóg ’n dorpie aan die Weskus is, maar as jy die pad verby Paternoster en Velddrif aandurf tot waar die snoekskuite in hulle primêre kleure op die water dobber, wag daar oorgenoeg aktiwiteite om jou en die kroos te vermaak. LekkeSlaap het eendag, nie so lank-lank […]
20 Mei 2021

Letsatsi Lodge: ’n Oase op die Knersvlakte
Ná ’n lang dag op die pad, lê die lodge soos ’n oase en wag wanneer ons oor die laaste koppie ry ─ as my oë my nie misgis nie, is dit dan nou glad palmbome wat daar tussen die lodge-geboue staan? Toe Letsatsi Lodge LekkeSlaap genooi het om ’n naweek by hulle op die […]
12 Mei 2021

Wat’s Eskom? “Off the grid”-blyplekke in die Kaap
Net sodra ’n mens van beurtkrag vergeet, vang dit jou onkant en maak dit seker jy is deeglik bewus van hoe afhanklik jy van Eskom se krag is ─ en dan, om dinge sommer net ’n titseltjie erger te maak, besef jy op die nippertjie jou selfoon se battery staan op 18%. Daar is egter […]
7 April 2021

Hessequa: Die Tuinroete sonder die skares
“Mense van die bome” ─ dís wat Hessequa in Khoi beteken, en dis ’n gepaste naam, want dié lowerryke, Wes-Kaapse kusstreek wat dorpies soos Stilbaai, Riversdal, Witsand en Albertinia insluit, is ’n plek waar die wêreld nog om gasvrye hartsmense en die natuur draai, met pragtige landskappe in oorvloed. Hier sal moeë stadsiele en avontuurlustiges […]
26 Maart 2021

Is jy ’n trotse Suid-Afrikaanse teedrinker? Bly dan hier!
Die 16de Januarie is Nasionale Rooibosteedag en om dit te vier, vertel LekkeSlaap jou meer van hierdie trots Suid-Afrikaanse drankie en twee ander tees, heuningbos- en boegoetee, wat ook nét in Suid-Afrika verbou word. As jy ’n regte teeliefhebber is, kan jy ook hier uitvind waar jy kan bly, toer of kuier om meer oor […]
14 Januarie 2021

Dorpie vir dorpie: ’n Roete 62-roadtrip roep
As jou siel na kaal vlaktes, vaal Karoo-bossies en vriendelike plattelandse mense smag, moet jy vir jou ’n Roete 62–roadtrip bespreek. Kom verken dorpie vir dorpie dié besonderse toerismeroete saam met LekkeSlaap.co.za! Roete 62 se majestueuse berge, skilderagtige passe, riviere, wingerde en boorde, én die rits toeriste-aantreklikhede bied besoekers ’n onvergeetlike reis vol avontuur. Die […]
8 Desember 2020








