Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Gauteng

Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng

Lowergroen grasperke, gesellige samesyn, goeie oefening en luukse verblyf ─ dís onder andere wat jy op ’n gholflandgoed kan verwag! Kranige gholfspelers kan natuurlik na hartelus wedywer, maar selfs al is jou voorgee nie wat wonders nie en jou dryfhou effe verroes, is só ’n praglandgoed steeds ’n luilekker ontspanplek. LekkeSlaap het ’n handjie vol […]

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps

Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan […]

Jou A-Z van Trou-Venues in Gauteng

Droom jy nog altyd van ’n elegante bruilofsfees in die Goudstad, ’n troumakietie in Magaliesburg of ’n sprokiestroue in Dinokeng? Dan sal dié gids tot trou-venues in Gauteng sommer gou jou beste maat in die beplanning vir die groot dag raak! Ter viering van Valentynsdag het LekkeSlaap ’n paar blyplekke met trou-venues op die perseel […]

Perfekte Plekke om Verloof te raak

Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]

Troukapelle vir jou Spesiale Dag

Die orrel begin speel. Die bruidegom snak na asem waar hy voor die kansel staan. Geliefdes draai in hulle banke om en kyk na die silhoeët van die bruid wat in die deur verskyn. Iewers pink iemand se tannie ’n traan weg. Dan begin die prosessie in die gangetjie af beweeg, gevolg deur die reuk […]

Beplan ’n Bederfwegbreek by dié 10 Boetiekblyplekke

Brand jy vir ’n luukse wegbreek wat ’n eiesoortige ervaring van ons mooie land bied? Moenie verder soek nie! LekkeSlaap het ’n lys gemaak van 10 boetiekblyplekke regoor Suid-Afrika wat op elke oordeelkundige reisiger se droomlysie hoort! Boetiekblyplekke is klein, intiem, eksklusief en bied net ’n handjie vol kamers wat elk individueel versier is, daarom […]

Langpadwenke vir die Desembervakansie

Soos gesien op Maroela Media. Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad! Duisende Suid-Afrikaners pak jaarliks ons land se paaie aan onderweg na verskeie vakansiebestemmings. Wanneer die pad egter eindeloos voor jou […]

Bly by dié Boheemse Blyplekke

Word jy deur kleur geïnspireer? Laat tierlantyntjies jou oë blink? Dan moet jy beslis na LekkeSlaap se versameling boheemse blyplekke loer! Van ’n bootbed in Woodstock en ’n klein Marokko in Pretoria, tot Franse flair in Magaliesburg en ’n Karoo-pitstop wat petrol-sjiek en kothuisstyl perfek kombineer — dié blyplekke is voorwaar ’n lus vir elke […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem