Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Roetereis

Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm

Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat […]

Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis

Suid-Afrika bied soveel asemrowende natuurtonele in verskillende dele van die land dat ’n roetereis beslis op elke Suid-Afrikaner se emmerskoplysie moet wees. Van die mooie Moederstad, lowergroen Tuinroete, die Karoo se vergete vlaktes, tot die manjifieke Drakensberge ─ daar is ’n bestemming wat diep in elkeen van ons se hart sal kruip. Om jou te inspireer, […]

In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad

“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van […]

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

Oros is ’n dorp in Namibië

Dis 21 Desember en ek en Kallie reis vanaf Kaapstad — die stormstad en tuiste van Tafelberg — na Namibië — die land van sand, etlike landskappe, treffende sonsondergange, kaal vlaktes en brötchens. Almal weet dié pad kan lank en eentonig raak en ’n mens se ooglede maar swaar so op die langpad ─ veral […]

9 Plekke, 3 Provinsies, 1 Paasnaweek: Waarheen gaan jy?

Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie is nog vars in ons geheue, maar nog voor jy jou strandhanddoek finaal kan wegpak, is Paasnaweek al weer hier! Weet jy al in watter rigting jou voertuig mik? Of sukkel julle steeds om op ’n bestemming te besluit? Rol af en loer gerus na dié handjievol bestemmings […]

Hiervandaan na Lambertsbaai

Die Weskus se vissersbote, kreef en vissershuisies is aan almal bekend, maar vir die meerderheid Kapenaars is dit minder algemeen om die langpad verder as Paternoster of Velddrif aan te durf. Noord van hierdie plekke betree jy ’n ander koninkryk met sierlike rotsvorms, grotte en oorblyfsels van Suid-Afrika se vroegste bewoners. Lambertsbaai, wat deel vorm […]

Allerlei Avontuur op ’n Selfry-rit in die Addo-olifant Nasionale Park

Soos gesien op Maroela Media. “Oom Olifant, jou reuse-dier, die mense lag vir hul plesier. Want waar het jy al ooit gehoor, van ’n stertjie van agter en ’n stertjie van voor?” ─ Afrikaanse kindervers Sagmoedige reuse spuit mekaar by die watergat nat, ’n trop sebras galop verby, en die hemelblou lug kry rooi en […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem