Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Romanse

8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur

Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en […]

’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties

Op ’n bewolkte someroggend in Pretoria, vat ek en my gesin die pad in die rigting van Hartbeespoort. Dié vakansiedorpie is sowat 40 kilometer wes van die Jakarandastad in Noordwes en, as Kapenaars wat nog nooit in dié geweste was nie, is ons kinderlik opgewonde oor wat voorlê. Ons bereik die Hartbeespoortdam aan die voet […]

8 Heerlike Houtvuur-warmbaddens in die Wes-Kaap

Verbeel jou ’n vuur word in jou plonspoel aangesteek ─ ja, jy het reg gehoor! Vergeet van gewone borrelbaddens, houtvuur-warmbaddens is vinnig besig om een van die mees gewilde en unieke geriewe by wegbreekplekke te word. Wie sou ooit kon droom dat water en vuur so goed saamwerk? LekkeSlaap het die Wes-Kaap deursoek vir ons […]

Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok

Wonderskone wingerde wat oor Simondium se dale tot teenaan die Simonsberghange strek, welige grasperke met pragtige voetpaaie wat tussen die historiese Kaap-Hollandse geboue kronkel, en die reuk van varsgebakte brood en sterk koffie wat die oggendlug vul ─ dié salige kombinasie sal jy net by Vrede en Lust kry! LekkeSlaap het by dié wêreldbekende wynlandgoed […]

Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre

Son, sterre, see en sand ─ dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker. Kom luister na die gedruis van turkooisblou branders wat liggies die voete van die Namibwoestyn se sandduine streel en klink ’n glasie op jou en jou geliefde se toekoms onder ’n […]

10 Wittebroodsuites om van te Droom

Het jy al mooi gaan sit en dink oor watter geriewe jou wittebrood spesiaal sal maak? Is dit dalk ’n bad met kerse, ’n uitsig oor die see of bosveld, of vonkelwyn en sjokolade saam met roosblare op ’n hemelbed gerangskik? LekkeSlaap wil graag jou wittebrood-droom bewaarheid, en daarom het ons 10 besonderse wittebroodsuites regoor […]

Africanos Country Estate: ’n Oase in Addo

“Africanos sal jou asem wegslaan en dis baie meer as net ’n luukse hotel in die hartjie van Addo” ─ die Venters Sitrusboorde en die beroemde Addo Olifant Nasionale Park is nie ál wat in die Sondagsriviervallei skuil nie … Africanos Country Estate is ’n hemelse hotel in die hartjie van Addo wat besoekers van regoor […]

Jou A-Z van Trou-Venues in Gauteng

Droom jy nog altyd van ’n elegante bruilofsfees in die Goudstad, ’n troumakietie in Magaliesburg of ’n sprokiestroue in Dinokeng? Dan sal dié gids tot trou-venues in Gauteng sommer gou jou beste maat in die beplanning vir die groot dag raak! Ter viering van Valentynsdag het LekkeSlaap ’n paar blyplekke met trou-venues op die perseel […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem