Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Romanse

Skrikkeljaar: Vra die jawoord in die Natalse Middellande

Die rooiligte flikker in Februariemaand en ambulanse versnel op die snelweg om pleisters vir gebroke harte te bring, want die maand van liefde is in ons midde en al die truuks gaan op die proef gestel word om wederhelftes te beïndruk. Februariemaand is sinoniem met Valentynsdag en dra ’n rooi strikdas en hartjie-sjokolade wat in […]

Die LekkeSlaap-span se Top-Valentynswegbreke

Soos gesien op Maroela Media. Of ons dit nou wil erken of nie, die meeste van ons is heimlik romanties en droom alte lekker daarvan om ’n afgeleë huisie in die woud of ’n luukse bosveld-lodge met ’n spesiale persoon te deel. So, van sakpas-opsies tot eersteklasbestemmings, laat die LekkeSlaap-span se top-idees vir romantiese wegbreke […]

LekkeSlaap vind die Karoo-hemel by Wildehondekloof

Die Karoo het nou maar net sy manier om ’n mens weer mens te laat voel. Dis asof die oop vlaktes en die groot niet jou weer aan die dink sit ─ nie soos in die stad waar jou warrelwindgedagtes tussen die wolkekrabbers gaan vassteek en die getoeter en rumoer jou denke onhoorbaar demp nie. […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel […]

Waar Chrissiesmeer haar naam gekry het en ander verhale

Suid-Afrikaners is miskien vertroud met die N17 wat deur Mpumalanga se Chrissiesmeer na Swaziland loop, maar die storie agter dié pad strek meer as 150 jaar terug. Chrissiesmeer is die middelpunt van die sogenaamde Reënboogroete wat vanaf Kriel, deur Bethal, Ermelo, Amsterdam, Piet Retief, Vryheid, Melmoth tot in Mtunzini strek. LekkeSlaap het in dié geweste […]

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium

Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en […]

In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad

“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van […]

12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek

By die Twelve Apostles Hotel and Spa in die mooie Moederstad kan jy uitstekende diens, vyfster-geriewe én ’n wêreldklas uitsig te wagte wees. Maar al kyk hierdie indrukwekkende hotel oor Suid-Afrika se duurste kuslyn uit, hoef jy nie ’n bank te beroof om ook dié luukshede te ervaar nie. LekkeSlaap gee twaalf redes waarom hierdie […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem