Toe LekkeSlaap besluit het om die Cederberg te verken, het ons geweet Mount Ceder gaan een van dié beste verblyf-opsies wees ─ dit is op die hoofroete wat deur dié streek strek, dis op die oewer van die Grootrivier én dit het ’n hele rits aktiwiteite wat jou toelaat om dié magiese streek behóórlik te verken. 

Kom kuier saam met ons by Mount Ceder, sy vriendelike mense en pragtige kothuise.

Wat ’n verwelkoming!

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant
Die restaurant-dek met ’n besonderse uitsig op die berge. | Foto: Lisa Croeser

Ná ’n lang dag waar ons die Cederberg se stofpaaie gekruis-en-dwars het, stap ons by Mount Ceder se deure in en is verstom deur dié oase. Die lodge se restaurant is oop en lugtig en nooi jou om elke natuur-uitsig te bewonder. Ons word vriendelik verwelkom deur personeellede én die lodge-bestuurder, Marelize, wat regstaan om te help waar sy kan. 

Ons gesels ook met Pieter Vorster, wat Mount Ceder se besturende direkteur is en ook op die plaas boer, oor die hart van dié gesogte bestemming. Die plaas waarop Mount Ceder geleë is is al sedert 1902 in dieselfde familie en het, nes baie ander plase in dié streek, as ’n tabakplaas begin. Ná ’n paar jaar het dié bedryf begin afneem en was dit nie meer winsgewend nie. Gelukkig is die plaas met ’n uitstekende ligging geseën en daarom het die familie in 1990 op toerisme begin fokus. Dit het klein begin, met die bou van net een kothuis, maar vandag spog Mount Ceder met ’n kampeerterrein en twaalf besonderse eenhede! In 2003 begin hulle ook olywe plant aangesien die klimaat in die area reg is hiervoor en dié boorde sorg vandag vir ’n mooi uitsig vanaf die lodge én ’n alternatiewe inkomstestroom vanuit hulle olyfolie en ingelegte olywe. 

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap
Rustige uitsig oor die olyfboord. | Foto: Mount Ceder

Tipies van die Cederberg, spog die plaas met ruwe rotsformasies, stofpaaie wat enigeen opgewonde sal maak en uiterste weer wat vir warm somers op die rivier en koue winters met sneeu op die berge sorg. As jy mal is oor die geel en oranje skakerings waarmee dié streek se berge pronk, sal jy nie genoeg kry van hoe dit hier op die plaas lyk nie.

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap 2
Só lyk die plaas. | Foto: Adriëtte le Roux

Pieter gesels ook oor die doelbewuste besluit om nie TV’s en internet in die kothuise te plaas nie. Om in die Cederberg, en veral hier by Mount Ceder te kuier is ’n geleentheid om af te skakel ─ en dit doen ’n mens mos net as die ou lastige selfoon af is. Daar is wel WiFi by die restaurant en so stuur ons ons laaste WhatsApp-boodskappe en beweeg opgewonde na ons kothuis.

Verblyf by Mount Ceder

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap 3
Die Waboomhoek-eenheid vir 6 gaste. | Foto: Adriëtte le Roux

Ons bly in die Waboomhoek-eenheid wat teen die rivier geleë is, en vir ’n lekkerder eenheid kan ons nie vra nie. Die eerste ding wat ons oplet is die stilte. Hier is die gekwaak van die paddatjies en die rivier se gekabbel al wat die wonderlike stilte so ’n bietjie verbreek.

1 Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap
Dié kothuis het omtrent karakter. | Foto’s: Adriëtte le Roux

Die huis se dekor is pragtig, verkwikkend en die kombuis is goed toegerus. Dié spesifieke eenheid het oorgenoeg plek vir ’n gesin van ses en die res van eenhede op die plaas is geskik vir twee tot agt gaste, so of julle nou ’n paartjie of familie is, hiér is plek vir almal. 

Alhoewel die eenhede vir selfsorg toegerus is en die lekkerste braaigeriewe het, kan julle ook etes by die restaurant geniet.

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap 22
Braaigeriewe met ’n mooi uitsig ─ perfek! | Foto: Mount Ceder

Tog het Mount Ceder ook ’n hele rits ander kothuise en ons gaan loer ’n bietjie. Die Klipbokkop-eenheid is die hoogste kothuis op die plaas. Dit spog met ’n Jacuzzi, braaigeriewe en ’n houtdek vanwaar julle baie mooi foto’s van die berge en die riviertoneel daaronder kan neem. 

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap
Die Klipbokkop-eenheid vir 6 gaste. | Foto: Mount Ceder

Daar is ook eenhede, soos die Blinkberg- en Kareeboom-eenheid wat ’n houtvuurwarmbad het ─ perfek vir wanneer julle in die winter hier kom wegkruip. Ander tipes eenhede sluit in eko-huise wat van die hoofkragnetwerk af is en geskik is vir paartjies en selfsorghuisies soos Olienhout, Peperboom en Kamferboom vir 4 gaste.

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap 33
’n Houtvuurwarmbad-bederf by die Blinkberg-eenheid. | Foto: Mount Ceder

Aktiwiteite vir Afrika 

As jy iemand is wat glad nie kan stil sit op vakansie nie, móét jy by Mount Ceder kom kuier. Die lys aktiwiteite wat hier aangebied word is ellelank. Dit sal verseker dat jou hele gesin elke oomblik geniet en, natuurlik, dat julle die Cederberg ten volle kan ervaar. 

Die Old Mill House

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap 223
Dit was maklik een van die lekkerste lamskenkels wat ons al geëet het! | Foto: Mount Ceder

Die Old Mill House is Mount Ceder se restaurant wat ontbyt, ligte middagetes en aandetes teen ’n ekstra koste bedien. Maak seker julle bespreek 24 uur voor die tyd sodat julle nie die kans om dié restaurant se smullekker disse te geniet misloop nie. Die restaurant het ’n vaste spyskaart, so julle kan eenvoudig na ’n lang dag van verkenning aansit en aan heerlike disse smul.

Mal oor olywe? 

Aangesien Mount Ceder hul eie olywe verbou, inlê en olie pers, is daar ook ’n olyftoer waar julle meer kan leer oor dié bedryf, in die boorde kan stap en van die heerlike olie en olywe proe.

Sommer by jou kothuis

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap bb
Ons baljaar by die rivier. | Foto: Lisa Croeser

Gryp ’n paar spane by die ontvangsarea en gaan roei op die rivier, kry jou verkyker en bewonder die ryk voëllewe of gaan swem in die rivier (die water is heerlik). Ons het elke aand plat op die gras gaan lê om die sterre te bewonder ─ daar is geen ligbesoedeling van omliggende dorpe nie en dit beteken die lug is só helder dat jy die meeste van die konstellasies kan sien.

Begeleide aktiwiteite ─ só verken jy die omgewing 

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap vv
Mooi rotsformasies waarvoor die Sederberge bekend is. | Foto: Mount Ceder

Mount Ceder bied verskillende pakkette wat teen ’n ekstra koste bespreek kan word ─ dit sluit begeleide staptogte tot by ikoniese rotsformasies, na rotspoele met ’n waterval en na interessante rotstekeninge in. Vir diegene wat regtig die area wil verken en nie sommer net sal lê en boeklees nie, is daar ’n ses uur lange staptog deur die grotte en onderdeur die boë van die ikoniese Cederberge. Die pakket vir kinders, die Junior Ranger Adventures-pakket, is veral oulik ─ dit leer kinders oor rotskuns en bederf hulle met boogskiet en visvang in die dam en by die meer.

Verken op jou eie

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap c
Stap na die waterval. | Foto: Mount Ceder

Daar is ’n hele rits paaie wat julle sommer self kan verken. Die waterval-voetslaanroete is ongeveer dertig minute in een rigting en die roete tot by die Hondverbrand-uitkykpunt is sowat veertig minute in een rigting.

Bergfietsry

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap b
Foto: Mount Ceder

Mount Ceder het bergfietsroetes vir alle vaardigheidsvlakke, so bring jou eie fiets en geniet hierdie prettige gesinsaktiwiteit of huur sommer ’n bergfiets by ontvangs. Daar is drie roetes op die perseel en een van hulle is vir beginners, die ander een vir diegene wat al ’n bietjie meer ervare is en die laaste een is vir ernstige bergfietsryers. 

Cederberg, Lekkeslaap, accommodation, verblyf, selfcatering, selfsorg, sederberge, stadsaalgrotte, cj leipoldt, clanwillian, units, apartments, getaways, holiday, restaurant , lekkerslap v
| Foto: Lisa Croeser

So groet ons die vriendelike gesigte en pragtige landskappe van Mount Ceder en hoop dat julle ook ’n opwindende, tog ontspannende wegbreek op dié plaas kan beleef ─ dis ’n eens-in-’n-leeftyd-vakansie! 

Volg dié skakel vir die tariewe, beskikbaarheid en meer. 

Dankie aan Mount Ceder en veral Marelize en Pieter se gasvryheid en vriendelikheid terwyl ons hulle deel van die wêreld verken het.

Hooffoto: Mount Ceder (LekkeSlaap).