Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Karli Durr

Ons Besing Suid-Afrika se Unieke Streke

Dis ’n splinternuwe jaar propvol hoop en avontuur! Al is jy tans platsak, is dit nooit té vroeg om jou volgende vakansie te beplan of ’n nuwe emmerskoplysie op te stel nie. Maar waar sal jy gaan kerjakker? Om jou weer aan ons land se droombestemmings te herinner, het LekkeSlaap ’n handjievol tydlose treffers opgespoor […]

Langpadwenke vir die Desembervakansie

Soos gesien op Maroela Media. Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad! Duisende Suid-Afrikaners pak jaarliks ons land se paaie aan onderweg na verskeie vakansiebestemmings. Wanneer die pad egter eindeloos voor jou […]

Plas in dié poele aan ons kus!

Dis somervakansie en jy baljaar sielsgelukkig in die branders. Maar dan verskyn ’n vreesaanjaende vinnetjie uit die niet … Om dié beklemming te vermy, vertel LekkeSlaap jou van 10 gesinsvriendelike getypoele al langs ons land se kus. Ons gee jou ook gesinsverblyfopsies sodat jy salig kan rus! Kampsbaai-getypoel Atlantiese Seekus, Wes-Kaap Dié getypoel, in een van […]

Delf in die Verlede by dié Suid-Afrikaanse Museums

As jy meen museums is vir die ouer garde en bied nét stowwerige ossewaens en vergeelde foto’s uit vergange dae, het ons vir jou ’n heerlike verrassing! Buiten museums wat verhale uit ons land se verre verlede vertel, is daar ook ’n magdom spesialiteitsmuseums ─ van speelgoed en sport tot wetenskap en wyn. Dié museums […]

Porterville: Hemel op die Platteland

Verlang jy óók na êrens waar tyd stilstaan en goudgeel kanola jou om elke hoek en draai begroet? Dis dan hoogtyd dat jy die pad na Porterville in die hartjie van die Swartland vat! Dié dutjiesdorp skuil aan die voet van die Olifantsrivierberge sowat 150 kilometer vanaf Kaapstad en is voorwaar die rustigheid self. LekkeSlaap […]

9 Oorde met Hope Gesinspret

Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]

St Lucia: ’n Ware Afrika-paradys met Duisende Doendinge!

’n Kuswoud, ’n meer, ’n wildreservaat en legio strande met koraalriwwe ─ nee, dis nie ’n tropiese eiland êrens in die vreemde nie, maar Suid-Afrika se eie paradys, St Lucia! Dié kusdorpie is sowat 240 kilometer noord van Durban aan KwaZulu-Natal se Olifantkus geleë en vorm deel van Suid-Afrika se heel eerste Wêrelderfenisgebied, die iSimangaliso […]

Volstruisparadys: 7 redes om Oudtshoorn te besoek

“Klein-Karoo, verre land van verlatenheid … Klein-Karoo, waar die Swartberge troon …” ─ Groep Twee (Sias Reinecke en Gert van Tonder) Lank, lank gelede, voor vinnige plat voertuie en internet-modes, was ’n volstruisveer in jou hoed hoogmode! Dié spoggerige vere is destyds wêreldwyd versprei en het selfs koninklikes se hoofde getooi. ’n Volstruis is egter […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem