
Sprokiesagtige tuinkothuise in die Wes-Kaap
Het jy as kind ook soms gedink jy hoor kabouters in die tuin sing? Dan sal hierdie volgende paar wegbreekvoorstelle vir jou baie geluk bring! Lente is om die draai en tuine word binnekort met ’n kleurvolle blompalet versier. LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike tuinkothuise, wat op jou volgende wegbreeklysie moet wees, in die Wes-Kaap […]
12 Augustus 2022

Bespreek dié strandhuise vir die somer
Ná ’n lang winter kan ’n mens mos nie wág om weer jou sonhoed uit die kas te haal en kaalvoet op die strand te gaan stap nie. Dis beslis hoe ons die somer gaan vier! Bespreek een van dié mooi strandhuise vir jou en jou gesin voor dit opgeraap is, sodat julle ook die […]
3 Augustus 2022

Sewe bekoorlike blyplekke in die Swartland
Die Swartland lê tussen Malmesbury in die suide, deur die Riebeekvallei tot by Piketberg in die noorde, en by Darling in die weste, tot by die Olifantsberg by Porterville in die ooste. Dié uitgestrekte, vrugbare vlaktes is deurtrek van goue koringlande wat die rede is dat dié area as die broodmandjie van die Kaap bestempel […]
27 Julie 2022

Korbeelhuisies: Wat is hierdie interessante geboue in die Noord-Kaap?
Het jy al ooit deur die Noord-Kaap gery en gewonder wat die huisies wat soos reusebyekorwe lyk doer in die veld is? Wel, vandag vertel ons jou meer van dié unieke Karoo-huisies wat op die vlaktes naby Carnarvon, Fraserburg, Loxton en Williston geskater staan, én wys jou sommer waar jy in van hulle kan gaan […]
20 Julie 2022

Rus en vrede: Privaat verblyf waar jy kan gaan wegkruip
Voel dit soms of jou ore begin sing en jou week ekstra dae bykry? Of wonder jy gereeld wanneer laas jy net gesit en ontspan het? ’n Rustige wegbreek is dan net die regte medisyne vir jou! LekkeSlaap het ’n lys van privaat verblyf saamgestel. By dié plekkies kan jy ’n bietjie met die natuurgeluide […]
13 Julie 2022

Aktiwiteite in die Cederberg
Die Cederberg is ’n wêreldklasbestemming nie te ver buite Kaapstad nie. Dié wildernisarea, wat van die Middelbergpas in Citrusdal tot noord van die Agter-Pakhuyspas buite Clanwilliam strek, is ’n land van verskeidenheid en uitbundigheid wat geen avontuurlustige, fynproewer of naweekreisiger moet misloop nie. Hier buig en draai rooi sandsteenrotse in skouspelagtige vorms; hier breek die […]
8 Julie 2022

Wonderlike wildkykplekke op LekkeSlaap
Ons land spog met soveel wildkyk-geleenthede en dit is iets wat ons nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie! Nee, dis iets wat ons behóórlik moet geniet, verken en ervaar. Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lys propvol uitstekende blyplekke wat perfek is vir wildkyk-entoesiaste regoor die land saamgestel. Rol af en loer ’n bietjie na […]
30 Junie 2022

CapeNature: 6 minder bekende staproetes
Behalwe vir die feit dat CapeNature na die natuur omsien en besoekers en plaaslike gemeenskappe opvoed oor hoe om ons nauurlike omgewing te bewaar, bied hulle ook onvergeetlike ekotoerisme-ervarings waartydens jy die natuurskoon kan bewonder – van adrenaliensport soos bouldering, kloofing en kajakvaar, tot meer rustige aktiwiteite soos stap, visvang en walviskyk. Die natuurreservate bied […]
22 Junie 2022








