Suid-Afrikaanse roadtrips vir jou reislysie

Suid-Afrikaanse roadtrips vir jou reislysie

Waarheen vat jy vanjaar die langpad? LekkeSlaap.co.za het gaan ondersoek instel na Suid-Afrika se gewildste roetereise, oftewel roadtrips. So, as jy reis-inspirasie vir die komende jaar soek en lief is vir nuwe landskappe, gesigte en stories, lees ’n bietjie verder.  Panoramaroete Mpumalanga Pak jy hierdie kronkelende roete al langs die noordoostelike Drakensberg-platoraand aan, wag panoramiese […]

Adriëtte le Roux

Adriëtte le Roux

13 Januarie 2022

Moenie hierdie ervarings in 2022 misloop nie!

Moenie hierdie ervarings in 2022 misloop nie!

Tydens elke seisoen bied Suid-Afrika nuwe dinge om te verken — of dit nou seediere is wat migreer, of blomme wat hulle verskyning maak. Om Suid-Afrika te verken soos wat die seisoene verander en alles wat daarmee gepaard gaan, gee ’n nuwe waardering vir die besondere, Suid-Afrikaanse ervarings wat reg onder ons neuse skuil. In […]

Ingrid Heydenrych

Ingrid Heydenrych

15 Desember 2021

’n Wittebrood wat elke sak sal pas

’n Wittebrood wat elke sak sal pas

Die idee van ’n wittebrood laat die meeste mense se begrotings sommer sug, maar elkeen droom tog van daardie romantiese wegbreek om jou en jou geliefde se nuwe lewenspad te vier. ’n Wittebrood is ’n persoonlike ervaring wat by die paartjie se belangstellings én sak moet pas en daarom het LekkeSlaap.co.za ’n lys met ’n […]

Bea Punt

Bea Punt

9 Desember 2021

12 baddens met besonderse uitsigte

12 baddens met besonderse uitsigte

Daar is min dinge só lekker soos om in ’n warm bad te lê, en nóg meer as dit ’n besonderse uitsig het! Kom loer ’n bietjie na ons lys van plekkies regoor die land met baddens wat met die mooiste uitsigte spog. Headlands House Guest Lodge, Wes-Kaap Dié luukse lodge is op die hoogste […]

Lisa Croeser

Lisa Croeser

2 Desember 2021

’n Aand by die Pearl Valley Hotel by Mantis

’n Aand by die Pearl Valley Hotel by Mantis

Rooi en geel speldekussings, wildesalie en heide wuif vanaf weerskante van die pad soos ons die Pearl Valley Golf Estate and Spa buite die Paarl nader. Dit is hier, by Pearl Valley Hotel by Mantis, waar ons die aand oorbly. Deur die ruit se oop skrefie waai die geur van fynbos en nat grond wat […]

Adriëtte le Roux

Adriëtte le Roux

25 November 2021

Kom verken die Baviaanskloof

Kom verken die Baviaanskloof

Droom jy al jare daarvan om die ongelooflike Baviaanskloof in jou 4×4 of op jou bergfiets te verken of brand jy net om terug te keer nadat jy jare gelede daar was? Dan is dit tyd om jou volgende avontuur in hierdie wildernisarea te beplan, en met dié kompakte gids en LekkeSlaap se eenvoudige besprekingstelsel […]

Danielle Terblanche

Danielle Terblanche

19 November 2021

Jou menu vir avonture in Montagu

Jou menu vir avonture in Montagu

As ’n mens in Montagu se hoofstraat, Langstraat, ry ervaar jy ’n klassieke klein-dorpie-gevoel, maar in die are wat na die res van dié geskiedkundige dorpie vloei, pols daar pragtige natuurskoon, kunstige argitektuur, opwindende aktiwiteite en, natuurlik, eeue-oue mensestories. LekkeSlaap is onlangs genooi om ’n bietjie toeris in hierdie om-die-draai-dorpie te speel en ons vertel […]

Bea Punt

Bea Punt

27 Oktober 2021

Dié Suid-Afrikaanse stories sal by jou spook!

Dié Suid-Afrikaanse stories sal by jou spook!

Die mens is gemaak vir stories – die bewyse is om elke kampvuur waar verhale die geselskap laat lag, huil, jil of ril te vind. LekkeSlaap het dit goedgedink om ’n paar van Suid-Afrika se spookstories te gaan opskryf vir lesers se grillerige genot. En, as jy die stories eerstehands wil ervaar, kliek gerus deur […]

Adriëtte le Roux

Adriëtte le Roux

21 Oktober 2021

App download page
VisaMastercardCapitec PayEFTSSL