
Kaapstad na die Brand
Sewe dae na die verwoestende brand by Ou Kaapse Weg en Chapman’s Peak het ek en die fotograaf, Pieter Wolhüter, gaan ondersoek instel. Kyk na die pragfoto’s hieronder – jy sal nie glo hoe vinnig Moeder Natuur herstel nie! Daar is hoop!
12 Maart 2015

‘n Wilde wittebrood
Droom jy van ‘n wittebrood waar julle omring is deur die pragtige bosveld? ‘n Plek waar jy gedurende die dag op wildritte kan gaan of met ‘n lugballon oor die vlaktes kan sweef? ‘n Lodge wat in die aand soos ‘n sprokiesplek lyk, verlig deur laterns en kerse? ‘n Intieme wegbreek in die wildernis? Ngama […]
9 Maart 2015

Gaan weg dié Paasnaweek
Paasnaweek is amper soos Kersfees: ’n tyd vir luilekker niksdoen en ideaal vir familiekuiers. Met dié dat langnaweke so skaars soos hoendertande is, is Paasnaweek die perfekte geleentheid vir ’n mini-wegbreek saam met jou geliefdes. Vier dae is dalk nie lank genoeg vir ʼn behoorlike vakansie nie, maar dit is ’n goeie geleentheid om jou […]
9 Maart 2015

Koninklike Kremetartbome in SA!
“Die kremetartboom is ‘n allerboomste boom” skryf T.T. Cloete in sy gedig oor dié boom. Agt spesies van dié wonderboom is regoor Madagaskar, Australië en Afrika versprei. Ses uit die agt spesies kom in Madagaskar voor, een van die ander in Australië en die Afrikaanse Kremetart kom in Noordoos, Sentraal- en Suider-Afrika voor. Kremetartbome kan tot […]
7 Maart 2015

10 Troeteldiervriendelike blyplekke in Noordwes
Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy/sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? Wel, LekkeSlaap het goeie nuus vir jou … ons weet van troeteldiervriendelike akkommodasie in elke liewe provinsie! Vandag het ons 10 lekke blyplekke in Noordwes uitgesonder om jou en jou woef van […]
5 Maart 2015

Dissekteer dié Draak
Suid-Afrika se Drakensbergreeks (of die uKhahlamba – die “Grenspaal van Spiese”) is ‘n 200 km lange wonder en Wêrelderfenisgebied waarvan die grootste deel in KwaZulu-Natal is. As jy al oor dié berg se rug gery het, sal jy verstaan waarom ons Nederlandse voorsate (afkomstig van hul plat pannekoekland) met angs en bewerasies waarskynlik in wonder […]
28 Februarie 2015

Die land van melk(tert) en heuning …
“My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel … daar’s ’n vrou in elke geur” dig Opperman soet-soet voort. Ons vier vandag Melktertdag! Suid-Afrikaners is mal oor ’n snytjie melktert saam met ’n koppie tee, of hulle dit nou wil erken of nie. Dié delikate, romerige vla-tert het eg-Afrikaanse wortels en vandag is […]
27 Februarie 2015

Beurtkrag – wat om te doen in die donker
Deesdae kan jy nog net seker wees van 3 dinge: 1) Suid-Afrikaanse meisies is die mooiste meisies in die wêreld; 2) jou eie ouma se melktert sal enige ander ouma se melktert ore aansit; 3) beurtkag is ʼn pyn in die alie. Wat nou gemaak as beurtkrag jou moed laat sak en jou roetine ontwrig? Die […]
25 Februarie 2015








