
Die Noord-Kaap se mooiste natuurtonele
Die Noord-Kaap ─ dis hiér waarheen jy reis wanneer jy op soek is na stilte en oop vlaktes so ver soos ’n mens kan sien. Omdat dit die grootste en mees ylbevolkte provinsie in Suid-Afrika is, voel die afstand tussen sy dorpe ekstra lank, maar gelukkig spog dit met die pragtigste natuurtonele waarna jy beslis […]
30 September 2020

Verf die Kaap rooi met hierdie gratis verjaarsdagvieringe!
Hoe het jy vanjaar jou verjaarsdag gevier? As jy, soos ek, vroeg in die grendeltydperk verjaar het, dan het jy dit heel moontlik voor ’n rekenaarskerm deurgebring en tien teen een nog sonder ’n bottel sjampanje ook! Ons moes dié jaar baie goed prysgee, maar die ergste was sekerlik die groot mylpale wat ons graag […]
23 September 2020

’n Vakansie langs die Vaalrivier
Droom jy daarvan om uiteindelik uit die stad te ontsnap en êrens langs ’n rivier af te saal? Dan is dit nou tyd dat jy na hierdie lekker plekke langs die Vaalrivier kyk! Die Vaalrivier is die grootste syloop van die Oranjerivier en vorm die grens tussen Mpumalanga, Gauteng en Noordwes in die noorde en […]
9 September 2020

Wynplaas wonderlik! Bly tussen die wingerde
Almal klink ’n glasie ─ ons mag weer wynlandgoedere besoek! Maar hoekom net na die wynstreek ry om wyn te proe? Saal sommer vir ’n paar dae daar af, verken die area en geniet ’n uitsig oor die wingerd, terwyl jy rustig op die stoep aan jou plaaslike gunsteling sit en teug. Hier is LekkeSlaap […]
1 September 2020

Hoe klink ’n Mediterreense vakansie aan die Weskus?
Moes jy onlangs ’n langverwagte vakansie aan die Mediterreense kus of op ’n eiland kanselleer as gevolg van die wêreldwye pandemie, of droom jy maar net nog altyd van ’n witsandstrand iewers naby ’n wit en blou kalkpleisterhuisie? Moenie moed verloor nie, want jy kan steeds hier in jou eie land ’n onvergeetlike wegbreek geniet! […]
19 Augustus 2020

Besonderse blomme van Suid-Afrika: ’n lysie vir beginners
Van fynbos, die wêreld se mees diverse blommeryk, tot Namakwaland se knalhelder blomkombers, en van suikerbekkies wat rondom die aalwyn se vlamblomme tango tot die onopvallende vygie wat skielik, ná genoeg reën, vol satynagtige neonblommetjies ontplof ─ Suid-Afrika het baie om op trots te wees as dit by ons blommeprag kom! So, sit jou blombrille […]
5 Augustus 2020

Afgeleë Bosveldwegbreke vir groepe
Verbeel jou die volgende: Jy en jou vriende sit rondom die vuur met niks behalwe die Bosveldnaggeluide rondom julle nie, daar is tjoppies op die rooster en die lewe is net weer lékker. Dít klink mos nou na die ideale wegbreek wat elkeen nodig het ná ’n besige week. LekkeSlaap het tien van die beste […]
2 Augustus 2020

’n Voëlkykgids vir beginners in Suid-Afrika
Daar is talle plekke in Suid-Afrika waar jy na voëls in hokke kan gaan kyk, maar dis ’n ander tipe opwinding om ’n voël van ’n ander kleur voor jou te sien land. Dán hou ’n mens jou asem op en is jy amper te bang om jou oë te knip, want jy weet die […]
29 Julie 2020








