
Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase
Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige […]
8 Augustus 2018

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof
Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]
1 Augustus 2018

Kom loer in die Bo-Kaap se Kospotte
Die Bo-Kaap en sy ikoniese huisies is regoor die wêreld bekend ─ foto’s van dié kleurvolle buurt pronk op tydskrifte, kalenders en ek-verlang-na-jou-poskaarte. Dis onmoontlik om enigsins aan Kaapstad te dink sonder om ook aan die Bo-Kaap te dink. Dit is ’n historiese woonbuurt wat al aan die slegte en goeie ontvangskant van ons land […]
25 Julie 2018

Dut in die Dinokeng Wildreservaat
Dis laatmiddag en die winterson gooi soel strale oor Moeder Aarde. ’n Trop olifante trompetter uitbundig terwyl hulle mekaar by die watergat natspuit en ’n buffel staan nader om vreedsaam te suip. Daar is ’n geritsel in die vaal ruigte en twee geel oë staar stip na ’n wildsbokkie wat niksvermoedend wei … Nee, jy […]
18 Julie 2018

Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok
Wonderskone wingerde wat oor Simondium se dale tot teenaan die Simonsberghange strek, welige grasperke met pragtige voetpaaie wat tussen die historiese Kaap-Hollandse geboue kronkel, en die reuk van varsgebakte brood en sterk koffie wat die oggendlug vul ─ dié salige kombinasie sal jy net by Vrede en Lust kry! LekkeSlaap het by dié wêreldbekende wynlandgoed […]
11 Julie 2018

Ontdek die Mooi van Matjiesvlei
As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom […]
4 Julie 2018

Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre
Son, sterre, see en sand ─ dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker. Kom luister na die gedruis van turkooisblou branders wat liggies die voete van die Namibwoestyn se sandduine streel en klink ’n glasie op jou en jou geliefde se toekoms onder ’n […]
2 Julie 2018

Sardienloop aan die Suidkus
Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou […]
27 Junie 2018








