
Is jou Stadsprokie in Johannesburg of Durban?
“As jy geluk en vreugde wil vind, soek die neonboog se punt. Volg hom elke nag oor swart riviere. Oor kranse van beton. As jy aanhou stap, tien duisend ure, sal jy dalk daar kom” ─ Koos Du Plessis ’n Mens dink dikwels ’n wegbreek is ’n tyd om asem te skep op die platteland […]
29 Maart 2018

Namibië Roep: ’n Handjievol Doendinge en Blyplekke!
Ja, jy het reg gehoor ─ jy kan nou LekkeSlaap in Namibië! Dié buurland met sy rooi duine, wild, yskoue see vol vis, en witwarm vlaktes is nou oop vir Suid-Afrikaners wat hul vlerke met behulp van LekkeSlaap wil sprei. In dié blog vertel ons jou van skilderagtige blyplekke en opwindende doendinge as jy Namibië wil […]
28 Maart 2018

9 Hoë Bergpieke vir Vasbyters
Is jy ’n kranige voetslaner wat ons land se vernaamste staproetes een vir een afmerk? Het jy al Suid-Afrika se hoogste pieke aangedruf, of meer spesifiek, dié wat meer as 2000 meter bo seespieël pronk? LekkeSlaap het 9 bergpieke opgespoor wat jy móét uitklim, en ons kombineer dit graag met ’n versameling bobaas-lêplekke waar moeë […]
23 Maart 2018

Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng
Lowergroen grasperke, gesellige samesyn, goeie oefening en luukse verblyf ─ dís onder andere wat jy op ’n gholflandgoed kan verwag! Kranige gholfspelers kan natuurlik na hartelus wedywer, maar selfs al is jou voorgee nie wat wonders nie en jou dryfhou effe verroes, is só ’n praglandgoed steeds ’n luilekker ontspanplek. LekkeSlaap het ’n handjie vol […]
20 Maart 2018

Anderkant die Boereworsgordyn: Kaapstad se Noordelike Voorstede
Miljoene besoekers stroom elke jaar na die Moederstad en met goeie rede – net sowat 25 minute buite die geroesemoes van verkeer en toeriste wag daar heelwat verrassings op jou. Ons praat natuurlik van al die juwele in Kaapstad se Noordelike Voorstede! Dié voorstede bied ’n rustiger lewenstyl as die middestad en legio dinge om […]
16 Maart 2018

Kom Vier Vanjaar Fees in die Noord-Kaap
As ’n mens aan die Noord-Kaap dink is kleurvolle veldblomme, rooi duine, eindelose grasvelde en kokerbome al wat jy voor jou geestesoog sien. Iets wat jy dalk nié weet nie is dat daar sommer ook ’n hele rits feeste is wat hier en daar soos oases in die woestyn hulle verskyning maak. LekkeSlaap het ’n […]
14 Maart 2018

Malmesbury in Engeland!?
Buiten Tafelberg, legio wynplase en ’n kuslyn wat die Atlantiese en Indiese Oseaan insluit, het die Wes-Kaap ook ’n rits dorpe met naamgenote in Brittanje, die Verenigde State van Amerika en selfs in Nieu-Seeland. Daarom het LekkeSlaap 10 Wes-Kaapse dorpe uitgesoek wat eweknieë in die buiteland het en ons deel graag ’n handjie vol ooreenkomste […]
9 Maart 2018

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps
Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan […]
7 Maart 2018








