
Plas in dié poele aan ons kus!
Dis somervakansie en jy baljaar sielsgelukkig in die branders. Maar dan verskyn ’n vreesaanjaende vinnetjie uit die niet … Om dié beklemming te vermy, vertel LekkeSlaap jou van 10 gesinsvriendelike getypoele al langs ons land se kus. Ons gee jou ook gesinsverblyfopsies sodat jy salig kan rus! Kampsbaai-getypoel Atlantiese Seekus, Wes-Kaap Dié getypoel, in een van […]
20 Oktober 2017

Namakwa-Weskus: ’n Verrassing om elke draai
Blommekyk, oop vlaktes en vriendelike mense is sinoniem met die Namakwa-Weskus ─ dis egter nie al wat in dié streek skuil nie. Die Namakwa-Weskus strek vanaf Doringbaai aan die Weskus tot by Namakwaland se Knersvlakte en is ideaal vir ’n roetereis. LekkeSlaap het dié pragstreek gaan verken en vertel jou graag van al die opwindende […]
18 Oktober 2017

Vrede in die Groot Karoo: 7 Kothuise en 7 Doendinge naby Graaff-Reinet
Die Groot Karoo is ’n omgewing van uiterstes ─ ’n dorre landskap deurvleg met fonteine, snikhete somers en snerpende winters, angswekkende afsondering en hartlike gasvryheid. En glo dit of nie, volgens die argeoloë was hierdie halfwoestyn miljoene jare gelede diep onder die water. Dis veral die stilte, verlatenheid en oopte van dié landskap wat uitstaan. […]
13 Oktober 2017

Wat weet jy van Victoria-Wes?
Soos menige ander Karoo-dorpie is Victoria-Wes ook een van dié waar jy skaars ’n oog kan knip voor jy eenkant in en weer anderkant uit is. Volg die N12 of die R63 deur die Karoo en daar waar dié twee paaie kruis, bevind jy jou in die hartjie van dié plattelandse oase. Die feit dat […]
11 Oktober 2017

Weelde in Wellington: Val du Charron
Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles […]
6 Oktober 2017

Woeker in die Wonderskone Waterberge
Dis Vrydagmiddag en jy het uiteindelik jou laaste verslag ingedien, al jou e-posse beantwoord en jou rekenaar afgeskakel. Nóú kan jy begin uitsien na daai welverdiende bosveld-wegbreek! Jy sit voet in die hoek, mik noord op die N1 en kyk hoe die Goudstad in jou truspieëltjie verdwyn. Die wolkekrabbers word vervang met ewe hoë doringbome en […]
4 Oktober 2017

’n Dag of Drie in Darling
As jy “Darling” hoor, dink jy waarskynlik heel eerste aan Evita se Perron, maar daar is soveel meer wat in dié dutjiesdorp aangaan! Hier kan jy net ontspan en jou in die salige plaasatmosfeer verlustig, óf ewe lekker rondrits van eetplek na drinkplek na proeplek. LekkeSlaap was vir ’n paar dae gedurende die Darling Veldblommeskou […]
29 September 2017

Delf in die Verlede by dié Suid-Afrikaanse Museums
As jy meen museums is vir die ouer garde en bied nét stowwerige ossewaens en vergeelde foto’s uit vergange dae, het ons vir jou ’n heerlike verrassing! Buiten museums wat verhale uit ons land se verre verlede vertel, is daar ook ’n magdom spesialiteitsmuseums ─ van speelgoed en sport tot wetenskap en wyn. Dié museums […]
27 September 2017








