
15 Troukapelle so rég uit ’n sprokie
Of jy nou al van kleins af droom van ’n intieme troue, of uiteindelik ’n kans neem op die liefde (selfs vir ’n tweede keer), LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike kapelle waar jy en jou geliefde die eed kan sweer. Mik jy vir die berge, die wingerde of die bos? Sê “ja!” in een van […]
28 Julie 2017

Ons kitsgids tot SA se SANParke
Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die […]
26 Julie 2017

Dié Week se Beste Sneeufoto’s
Hooffoto verskaf deur Leon Laubscher. Ons sonskynland het die afgelope week sommer baie sneeu gesien en Suid-Afrikaners het die kostelikste kiekies geneem om dié sprokiestoneel vas te vang. Ons het van die beste sneeufoto’s op ons landgenote se Instagram-profiele gaan opspoor en ons kan amper waarborg dat jy nie deur hierdie blog sal kom sonder om […]
21 Julie 2017

Breek weg na ons Land se Top-Sneeubestemmings
Soos gesien op Maroela Media. Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin! Laat LekkeSlaap.co.za jou dan vergewis van waar ons land se top-sneeubestemmings is, hoe om op hoogte van die sneeu te bly en wat om in te […]
19 Julie 2017

Dullstroom: Waters van Rus en Reënboë
Sit jy soms in die verkeer en wens dis die eindpunt van ’n reënboog in stede van jou werkplek wat aan die anderkant van die string motors wag? Of wens jy soms dat die rookwolke wat oor die stad hang eerder misnewels was? Wat jou siel miskien nóú nodig het, is ’n kothuis tussen niks […]
19 Julie 2017

Binnenshuise Braaiplekke vir die Bibberweer
Somer is braaityd en winter is … ook braaityd! Buiten beskutting teen onvoorsiene weersomstandighede wat braaiplanne in die wiele kan ry, het ’n binnebraai ’n paar ander pluspunte wat jy dalk nie voorheen in ag geneem het nie. Súlke braaiplekke is dikwels sommer reg langs ’n paar ander geriewe wat noodsaaklik is vir ’n gesellige […]
14 Julie 2017

Bobaas-doendinge in die Baviaanskloof
Die naam Baviaanskloof, afgelei van die Nederlandse “vallei van bobbejane”, laat dié Wêrelderfenisgebied beswaarlik na ’n bestemming klink waar ek myself wil bevind. Maar tog is dié streek ook die tuiste van ongerepte natuur, nou klowe, kabbelende stroompies, steil bergpasse en groot, oop vlaktes oortrek met graslande wat van die Baviaanskloof ’n stukkie hemel op […]
12 Julie 2017

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte
Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort […]
7 Julie 2017








