
Besoek dié 10 Vuurtorings in SA!
Seemonsters, sirenes en ’n plat wêreld ─ dit was beslis nie maklik om in die Middeleeue ’n matroos te wees nie! Suid-Afrika se 3000 kilometer lange kuslyn was tydens dié tydperk ook taamlik onbekend en die ruwe rotse en sterk seestrome het menige seevaarder se vernuf tot die uiterste beproef. Meer as 200 skepe het […]
7 Maart 2017

Slaap op Stelte: 15 Hemelse Houthuise in die Wes-Kaap
Droom jy van ’n vakansie wat jou laat voel of jy bo die gewoel van die alledaagse lewe sweef? Of is dit net hóógtyd om jou huis vir ’n romantiese nessie in die natuur te verruil? Dan het LekkeSlaap nét die ding vir jou ─ 15 hemelse houthuise op stelte met spogliggings in die Wes-Kaap! […]
28 Februarie 2017

Bergfietsnaweke vir Gautengers
Is jy dalk lus vir ’n avontuur naby die huis? Dan is dit nóú jou kans, want LekkeSlaap het gaan ondersoek instel en ’n rits bestemmings naby Gauteng gaan soek waar jy ’n behoorlike naweek van jou bergfiets-uitstappies kan maak. So, stof jou baaisiekel af, laai hom in die kattebak en kom trap saam met ons. […]
22 Februarie 2017

Smul by dié 7 stasie-restaurante
Verlang jy na die dae van aansit vir ete op ’n trein, die oorverdowende fluit van een wat nader kom, of dalk die geluid van die wiele wat kap-kap onder jou sitplek? Goeie nuus: LekkeSlaap het ontdek waar jy dit en nog meer weer kan beleef. Ons wys jou waar jy weer op die perron […]
15 Februarie 2017

5 doendinge vir ‘n onvergeetlike Valentynsdag in Gauteng
Die Valentynsgevoel is tasbaar in die lug ─ die winkelrakke kreun al onder bosse bloedrooi rose, vonkelwyn, sjokoladebederfies en wollerige teddiebere. Daar word wyd en syd piekniekmandjies gereël en romantiese wegbreekplekke bespreek. As jou Valentynsdag vanjaar ’n Gautengse draai maak, het LekkeSlaap vyf voorstelle vir lekker doendinge om jou wederhelf mee te bederf. Loer gerus […]
8 Februarie 2017

5 Redes om die Drakensberge te besoek
In die skadu van ’n kolossale berg kry ’n mens só vinnig perspektief op die lewe. Liewe Heidi en haar skaapwagtermaatjie, Peter, het hierdie lewenswaarheid al te goed verstaan, en ons het omtrent almal as kinders saam met dié twee gejodel. Hoewel ons nie in Suid-Afrika in die Alpe kan rondhuppel nie, bied ons land […]
1 Februarie 2017

Kom ons besing ons land se strande …
Dis maklik om ons land se skilderagtige strande in ons ryke taal te besing ─ van Paternoster tot Plettenbergbaai raak bekende Afrikaanse sangers liries oor sand en see. Soms bring die oseaan verlange, maar meestal is die strand propvol pret en plesier. Daarom het LekkeSlaap vyf gewilde strande gekies wat in keurige Afrikaanse lirieke beskryf […]
25 Januarie 2017

Wanneer is die beste tyd om jou Desembervakansie te bespreek?
Soos gesien op Maroela Media. Die Desembervakansie is verby, die kinders is terug in hul skoolbanke, en jy skuif alweer agter jou lessenaar in. Min dinge maak mens meer lus vir ’n vakansie as kopseerdae op kantoor. Jy het skaars jou tasse uitgepak en die sand uit jou swembroek gewas, maar jy verlang alreeds na […]
20 Januarie 2017








