
Voilà! Jou gids tot Franschhoek en die Bastille-fees
Franschhoek is as’t ware ons eie stukkie Europa en die naweek van 16 en 17 Julie 2016 word daar ook ’n Franse fees in dié pragdorpie gevier. Danksy Franschhoek se Franse flair is dit die perfekte romantiese bestemming, maar by die 23ste Bastille-fees wat dié naweek gevier word, sal die héle gesin hul gate uit […]
13 Julie 2016

Welkom: SA se jongste goudstad
Die interessante ding van Welkom, buiten die vriendelike en verwelkomende naam, is dat dit Suid-Afrika se jongste stad is. Welkom is in 1947 op ’n plaas 11 km suid van Odendaalsrus uitgelê. Dit is oorspronklik deur William Backhouse, die stad- en streeksbeplanningskonsultant vir Anglo American, as ’n tuinstad ontwerp. Hy het stopstrate en verkeersligte uitgeskakel […]
8 Julie 2016

Raar maar waar 2: nóg buitengewone blyplekke in SA
Wie wil nou in ’n gewone hotel of gastehuis gaan slaap as jy in ’n huis, paleis, pondok of hok kan bly? Ons het nóg 15 besonderse en eienaardige plekkies op LekkeSlaap gaan soek. So, kliek gerus op die foto’s as jy nuuskierig is oor dié buitengewone blyplekke. Die alledaagse lewe kan soms so eentonig […]
1 Julie 2016

15 Redes (in foto’s) om Noordwes te besoek …
Suid-Afrika het ’n paar provinsies wat as die skaam boeties van die meer gewilde Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng bekendstaan. Noordwes is een van die land se kleinste provinsies, maar tog is daar só ’n oorvloed doendinge en poskaartmooi plekke om te besoek, dat jy hom beslis hoog op jou doenlysie moet sit. In dié blog […]
29 Junie 2016

’n Rugbyreis deur die Republiek
Biltong, bier, braaivleis en … RUGBY ─ dit is menige Suid-Afrikaner se stapelvoedsel. Maar hoe gemaak as jou gunstelingspan ’n belangrike wegwedstryd speel? Of as jy die Springbokke in ’n ander stad wil ondersteun? Of as jy bloot die rugbykultuur en al die aksie wil beleef, maar ver van die stadion af bly? LekkeSlaap het […]
24 Junie 2016

Maak dié wintervakansie ’n leesvakansie!
Die wintervakansie is die perfekte tyd om ’n paar boeke op jou lang leeslys af te merk. Ons alledaagse lewe is só besig met kinders en skool, werk en na-uurse verpligtinge dat ons eenvoudig nie by al die lekker leesboeke uitkom nie … En so word jou lysie al hoe langer. Hoekom maak jy nie […]
22 Junie 2016

Citrusdal: 7 doendinge, 7 lekke blyplekke
Citrusdal lê in die Olifantsriviervallei, sowat twee uur se ry van Kaapstad af. Vir Kapenaars wie se motors al die Tuinroete en die Weskuspad op autopilot ry, is dit dalk ’n goeie idee om die dal van sitrus vir ’n slag te besoek. Hiérdie Kapenaar het al ’n hele paar keer op die N7 geklim om […]
17 Junie 2016

Idees vir Vadersdag
Boerewors, biltong, bier en braaivleis … Op Sondag 19 Junie is dit weer dáárdie tyd van die jaar! Vadersdag is al gevaarlik naby en dis hoog tyd dat jy dié belangrike man in jou lewe bedank vir alles wat hy al vir jou gedoen, gemaak en opgegee het. Pa’s speel ’n groot rol in ons […]
15 Junie 2016








