Boerewors, biltong, bier en braaivleis … Op Sondag 19 Junie is dit weer dáárdie tyd van die jaar! Vadersdag is al gevaarlik naby en dis hoog tyd dat jy dié belangrike man in jou lewe bedank vir alles wat hy al vir jou gedoen, gemaak en opgegee het. Pa’s speel ’n groot rol in ons lewens ─ groter as wat ons soms besef.

Hy betaal nie net vir al die skooljare nie, hy help om die wetenskap-projek aanmekaar te slaan wat jy vir 3 weke uitgestel het, hy leer jou bestuur én hy neem jou saam om vis te vang of gholf te speel. Vir al die hulp met huiswerk, vir al die aande wat hy na danskonserte of sportbyeenkomste moes gaan om jou een keer vlugtig raak te sien, en vir al die liefde en geduld deur die jare heen ─ wys hom hoe baie jy dit waardeer deur iets spesiaal te doen dié Sondag. Vadersdag is die één dag ’n jaar wanneer jy jou pa maar kan toelaat om net Pa te wees. Niemand mag hom skeef aankyk vir sy jaarlikse jagtog nie en niemand mag die TV se afstandbeheer onder ’n rusbankkussing wegsteek nie. Daar is sekere goed wat jou pa sal wys nét hoe belangrik hy nou eintlik vir jou is, en LekkeSlaap is hier om jou te help beplan!

Daar is ’n hele paar opsies om Pa mee te bederf. Wat van ’n wildkyk-wegbreek, ’n jagnaweek, ’n aksiebelaaide 4×4-avontuur of selfs ’n rustige visvang-vakansie iewers langs ’n dam? LekkeSlaap sal jou help om die perfekte wegbreek vir Pa te beplan. Of hy nou van jag, wildkyk, visvang of 4×4-roetes hou, ons het iets van alles! En net in geval jou pa nie van enige van die bogenoemde hou nie het ons selfs ’n lys pragtige gesinsvriendelike plekkies vir nuwe pa’s met kleintjies of vir die manne wat graag hul spesiale dag wil gebruik om hul gesin ook te bederf.

Ongeag waar jy woon of waarvan jou pa hou, ons het iets opwindends in elke provinsie vir elke pa wat sy sout werd is!

Dit was nog nooit so maklik gewees om ’n Vadersdag-bederfie te beplan soos met LekkeSlaap nie. Kies die kategorie en plekkie wat die naaste is of jou die meeste geval en val in die pad. Bederf hom dié jaar met ’n pasgemaakte wegbreek wat al sy Vadersdag-wense sal laat waar word.

*                            *                             *

Hooffoto collage van links bo tot links onder: Grootnek Guest Farm, Tweedekans Game Farm, Stompiesland Lodge, Bonamanzi Game Reserve (almal van LekkeSlaap af).