
Geocaching 101: ’n Gids vir Beginners
Bêre die XBox en sleep die kinders weg voor die TV ─ dis tyd vir ’n nuwe avontuur! Hierdie jaar hoef jy nie Paashaas te speel en eiers weg te steek nie, want daar is klaar ’n magdom skatte om jou en LekkeSlaap gaan jou wys hoe om op ’n hedendaagse skattejag te gaan! Geocaching […]
18 Maart 2016

10 Prentjiemooi plekke in SA
Suid-Afrikaners is bederf met een van die mooiste lande op die blou planeet, al wat jy hoef te doen is om in jou kar te klim en te ry. Dit maak nie saak in watter rigting jy ry nie, jy sál by ’n asemrowende bestemming uitkom. Dit is baie moeilik om net ’n paar mooi […]
16 Maart 2016

Rugsakreis deur die Oos-Kaap
Jy is jonk en vol lewenslus, of jy dink darem nog so. Jou hele lewe pas in ’n tas, of kan ─ met moeite ─ as jy die ritssluiter onder jou knieë toestoei. Jy is lus vir ’n anderste avontuur … Nie ’n strandvakansie nie en tog ook net nie ’n weelderige hotel waar daar […]
11 Maart 2016

10 Wildkyk-Wenke
Suid-Afrikaners kan nie veel sonder ’n visum doen nie, maar wildkyk is darem een van die wonderlike ervarings waarvoor ons nie die land hoef te verlaat nie. Ons is vreeslik bederf met legio wildparke op ons drumpel en hoewel ons nie soos die buitelanders vlugte en khaki-uitrustings hoef te reël nie, is ’n wildkyk-vakansie nie […]
9 Maart 2016

Tydlose Tulbagh
So 120 km noordoos van Kaapstad, in ʼn vrugbare vallei omring deur die majestueuse Obikwa-, Winterhoek- en Witzenberge, lê ʼn sprokiesdorpie met die naam Tulbagh. Dié dorpie troon bo sy jonger boeties uit as een van die oudste dorpe in die land (na Kaapstad, Stellenbosch en Swellendam en Graaff-Reinet), en is al in 1743 gestig! […]
4 Maart 2016

10 SA stede wat vir hulself (by)naam gemaak het
In die weermag of in die koshuis het omtrent niemand mekaar se regte name geken nie ─ jy’s op jou van of op jou bynaam aangespreek. En as jy eers ’n bynaam het, kry jy hom nie sommer afgeskud nie. Vra maar vir Baksteen Labuschagne, Brieke van Tonder of Bakkies Botha … Nét so het […]
2 Maart 2016

Stanford: ’n verkenningstog in die Overberg
Volg die voetspore van die verlede in Stanford wanneer jy die strate verken. Wandel verby huise wat al vir meer as ’n honderd jaar hier staan. Stadsjapies het die afgelope paar jaar besef dié dorpie in die Overberg is ideaal vir ’n wegbreek in die platteland. Hiér skuur huise uit die 1800’s en vroeë 1900’s […]
26 Februarie 2016

10 Naweekwegbreke in die Wes-Kaap
Die Moederstad se verkeer en geraas kan soms te veel raak vir haar burgers. Dis geen wonder dat jy ’n bietjie uit die Moederstad se malligheid wil ontsnap nie. Kapenaars kan sommer nóú al begin ontspan danksy al die heerlike blyplekke op LekkeSlaap.co.za waar hulle uit die geroesemoes van die stad kan wegbreek. Die volgende lêplekkies bied iets […]
17 Februarie 2016








