
5 Redes vir winter-wildkyk
In Jan Alleman se woordeboek word “somer” en “wegbreekseisoen” as sinonieme geklassifiseer. Maar ons almal weet hierdie tipe Janne maak nou en dan ʼn fout. So hier is 5 redes hoekom “winter” en “wegbreek” heeltemal uitruilbaar is in LekkeSlaap se woordeboek. 1. Winter-aanbiedings Baie wildreservate lok besoekers met vuurwarm spesiale aanbiedings gedurende die bibber-maande. Phumula Kruger Lodge […]
11 Junie 2015

Tussen Treine
In die jare toet was elke Suid-Afrikaner ’n pendelaar en treine was so volop soos steenkool in ’n stoomtrein. Carike Keuzenkamp, Sonja Herholdt, Gert Vlok Nel en kie het goue treffers oor treine gesing. Deesdae sing Richard van der Westhuizen: “Ek wonder wat van jou geword het, jy wat nog so by my spook,” en wanneer hy “Tussen […]
9 Junie 2015

5 top-wynplase in die Robertson-wynvallei
“Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my, klein bietjie wyn vir my, klein bietjie wyn vir my. Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my Klein bietjie wyn vir my en ook vir jou.” Anton Goosen was duidelik nie in die Robertson-wynvallei toe dié lirieke geskryf is nie, […]
3 Junie 2015

In die spore van die Siener
Nicolaas Pieter Johannes van Rensburg is op die 30ste Augustus 1864 op die plaas Palmietfontein naby Potchefstroom gebore. Hierdie tipe stories word gewoonlik ʼn bietjie gekrui met versinsels oor die wyse waarop so ʼn persoon in die lewe gekom het – Genghis Kahn is blykbaar met ʼn bloedklont in die hand gebore en daar word gefluister dat […]
1 Junie 2015

Skaar jou by De Aar
De Aar is ʼn rare dorp wat sy bestaan te danke het aan die belangrike spoorwegaansluiting wat hier geleë is (anders as die meeste Karoodorpe wat om ʼn kerk tot stand gekom het). Daar is meer as 100 km se spoorweë in en om De Aar, maar die treinverkeer het baie afgeneem. Hoewel die dae van stoomlokomotiewe vervloë is […]
28 Mei 2015

Net in McGregor!
Net hiér sal jy sien hoe ʼn inwoner met sy koei gaan wandel. Net hiér word byna als plaaslik geproduseer (behalwe sjokolade!). Net hiér het elke liewe inwoner een of ander versteekte, unieke talent. Net hiér is daar meer honde as mense by die plaaslike markie op ‘n Saterdagoggend. En net hiér sal jy wegstap […]
26 Mei 2015

LekkeSlaap se mooiste lêplekkies
LekkeSlaap se webtuiste is vol pragtige plekkies waar jy kan wegbreek, ontspan of op ’n avontuur gaan. Almal kort ’n heerlike nagrus na ’n bedrywige dag van vakansie hou, so ek het ’n paar van dié lekke lêplekkies met die mooiste beddens gaan soek waar jy beslis sal kan lekke slaap. Kliek gerus op die […]
23 Mei 2015

Stadsjapies … gaan plaas toe!
Vasgevang in die beton-oerwoud? Verruil jou hoëhakskoene of bruin leerskoene vir ʼn paar waterstewels of plakkies en kom baljaar by een van die pragtige, plattelandse plaashuise wat ons dié week aan jou bekendstel. Miskien wonder jy dalk of jy genoeg murg in jou pype het vir ʼn vakansie op ʼn werkende melk-, volstruis- of skaapplaas … Raai wat!? […]
21 Mei 2015








