
Karoo: nie net stof en vlaktes
Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus […]
4 April 2015

Jou kitsgids tot 8 top-kampplekke
Verkies jy ‘n kampvuur bo ‘n kaggelvuur? Jip, LekkeSlaap weet ook van ‘n paar lekke sakpas-kampplekke regoor die land as jy ’n tent bo ’n suite verkies. Kies, kliek en gaan kamp sommer binnekort nog! Aktiwiteite: Swem, snorkel, jetski, gholfspeel, voetslaan, bergfietsry, wildkyk, kasino, skubaduik en diepseehengel. Geriewe: Kampeerplekke, braaiplek, swembad, restaurant, elektrisiteit, ablusiegeriewe (bad en […]
2 April 2015

Goeie idees vir Gekkedag
Niemand is seker oor April-gekkedag se oorsprong nie, maar hierdie dag vir lekker lag word elke jaar regoor die wêreld gevier. Daar word bespiegel dat die dag sy oorsprong in die Middeleeue vind, toe die viering van Nuwejaar na 1 Januarie verskuif is. Diegene wat na dié verskuiwing nogsteeds Nuwejaar op 1 April gevier het, […]
31 Maart 2015

Suid-Afrika se streke in ’n neutedop
Mens het nie ’n arme buitelander nodig om jou te vertel hoe divers Suid-Afrika is nie. Hopelik besef die meeste van ons dat Suid-Afrika voor in die ry gestaan het toe natuurskatte en verskeidenheid uitgedeel is. In hierdie blog word ons pragtige land se tipografie en streke ten toon gestel. So, maak jou sitplekgordel vas en […]
24 Maart 2015

ʼn Vakansie sonder ʼn boek, is soos ʼn huis sonder ʼn stoep
Dis ʼn jammerte, maar ʼn feit: Baie mense kry net tyd vir lees wanneer hulle met vakansie is. En siende dat jy nie meer tyd kry vir lees nie, wil jy nie jou vakansie met ʼn slegte boek deurbring nie. Dit is waarom LekkeSlaap besluit het om jou te help met ʼn lekke vakansie-leeslys vol boeke wat perfek by […]
23 Maart 2015

Kaapse Fynbos – klein maar “getrain”
Daar waar die protea aan die uiterste, suidwestelike punt van Afrika blom, daar sal jy die Kaapse Floraryk vind. Dié pragtige flora strek vanaf Clanwilliam in die Wes-Kaap tot Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Toe Jan en sy manne in die 16de eeu hier aan die Kaap geland het, het hulle die immergroen struike wat […]
19 Maart 2015

Pelgrimsrus: ’n delwersdorpie in die bosveld
Pelgrimsrus staan soos ’n toevallige gehuggie halfpad tussen Ohrigstad en Sabie. Hierdie wêreld se natuurskoon is so oorrompelend dat ’n mens soms jou oë moet toemaak om jou brein kans te gee om al die skoonheid te verwerk. Plek-plek lê plantasies soos lappieskomberse oor die golwende, groen heuwels en dit is een van die vele […]
17 Maart 2015

Kaapstad na die Brand
Sewe dae na die verwoestende brand by Ou Kaapse Weg en Chapman’s Peak het ek en die fotograaf, Pieter Wolhüter, gaan ondersoek instel. Kyk na die pragfoto’s hieronder – jy sal nie glo hoe vinnig Moeder Natuur herstel nie! Daar is hoop!
12 Maart 2015








