
Kastele in Suid-Afrika
Kastele is seldsaam in Suid-Afrika. As ek een sien wat soos ’n spookbeeld teen ‘n berg hang, moet ek altyd omdraai om wéér te kyk. My nuuskierigheid oor dié rariteite het die oorhand gekry en ek het op ’n soektog gegaan om ’n paar indrukwekkende kastele in ons land op te spoor. Party is regte […]
9 Mei 2015

Doendinge in Johannesburg vir minder as R200
Besoek jy een van die dae die Stad van Goud? Of is jy ’n Gautenger wat net ’n bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ’n paar opsies vir doendinge in en om Johannesburg wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag. Kliek gerus op die oranje […]
7 Mei 2015

Swellendam: Smul | Slaap | Speel
Vir baie reisigers is Swellendam maar een van baie bakens op die pad tussen die Kaap en die Tuinroete. Maar dié dorp, die derde oudste dorp in die land, bied soveel meer waarvan gereelde besoekers salig onbewus is – van ʼn nostalgiese feëtjieparadys tot bedrywige bessieplase tot die eerste reënwoud-spa in die land. Ek het gaan uitvind […]
5 Mei 2015

’n Kitsgids tot eetplekke in Riebeek-Kasteel
Dié dorp is nie net prentjiemooi nie, maar ook lewendig en propvol fassinerende doendinge. Shiraz, volryp olywe, kleurvolle seisoene, asemrowende uitsigte, skilderagtige sonsondergange en immergroen plantegroei maak van Riebeek-Kasteel ‘n droombestemming. Dis ‘n oase vir natuurliefhebbers, stappers, bergklimmers, voëlkykers en enige iemand wat net wil ontspan. Dit ‘n besondere geskiedkundige dorpie met ‘n hele paar besienswaardighede, […]
30 April 2015

7 Boomhuise vir grootmense
Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om […]
28 April 2015

6 Bekoorlike B&B’s in KwaZulu-Natal
KwaZulu-Natal is deesdae op almal se doenlysie. Die provinsie is ’n mengelmoes van statige winkelsentrums, aksiebelaaide avonture, myle se lywe op die strande en bekoorlike landelike gebiede wat jou maak voel of jy in ’n sprokie rondswerf. Dit bied alles: van welige, groen berge, droë grasvlaktes, die besige stadskern tot bedrywige markies in die dorpstrate. […]
24 April 2015

10 Troeteldiervriendelike blyplekke in die Vrystaat
Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy/sy met verlangende oë na die voertuig soos jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ‘n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ‘n hele paar regoor die land! Vandag het ons 10 […]
21 April 2015

Jou gunsteling fliek = Jou volgende vakansie
Met só ‘n prentjiemooi en diverse land as filmstel, is dit geen wonder dat die meeste van ons rolprente met pragtige tonele spog nie. Dink maar aan die Waterberge in Die Wonderwerker, die Knysnabos in Fiela se kind en die Karoo-landskap in Jakhalsdans. Hier is flieks van toeka se tyd, flieks wat dié jaar bohaai maak […]
17 April 2015








