
Ons s’n is die grootSTE!
Van die warmste plek tot die kleinste woestyn ‒ ons het ʼn klompie indrukwekkende feite oor Suid-Afrika se grootste, hoogste, laagste, diepste, koudste en warmste vir jou versamel. Gebruik dié “het jy geweet”-skietgoed om die gesprek ʼn bietjie skop te gee as jy volgende keer saam met vriende of familie om die vuur sit en klets. Die oudste […]
6 Januarie 2015

Local is Lekke
Die Vrystaat se prag lê in die mense se warm harte … sout-van-die-aarde-mense. Vriendelike tannies wat mens heeltyd wil vet voer en ooms wat lekker uit hul bierpense lag. Silhoeëtte van windpompe en klein koppies teen die sonsondergang. Miershope wat mens goed moet dophou terwyl jy kaalvoet perdry. Smullekker biltong wat jy nét hier sal […]
29 Desember 2014

Nét in Suid-Afrika!
Om te sê Suid-Afrika is een van die mooiste lande in die wêreld klink effens afgesaag vir dié van ons wat soggens hier aan die suidpunt van Afrika wakker word (kliek hier as jy nie met hierdie stelling saamstem nie). Ja, ons weet almal van die Drakensberge, die Panorama-roete, die Blyderivier-canyon, God’s Window, die Wildtuin, […]
22 Desember 2014

Lig in die donker … 10 Vuurtorings in Suid-Afrika
Tussen die 15de en die 19de eeu was dit maar vir seevaarders ’n dobbelspel om die Suid-Afrikaanse kus te omseil. Vergeet maar van seemonsters, ander mitologiese gediertes en bygelowe wat seevaarders destyds saam met hulle gedra het. Suid-Afrika se soms brutale skoonheid kon skepe ruk en rol, en ja, dit hét ook! Daar is bykans […]
20 Desember 2014

Wees ‘n wakker akker op die langpad!
Die tasse is gepak, die motor is vol brandstof en die padkos is gemaak, al wat nou tussen jou en jou vakansie lê … is die langpad! Met soveel gaste wat blyplek deur LekkeSlaap.co.za bespreek het, het ons besluit om so paar vinnige wakkerbly-wenke uit die mou te laat. So maak seker jy bly kiertsregop […]
19 Desember 2014

Parys in die Vrystaat!?
Vrystaat se naamgenote: dié provinsie lê die hele wêreld vol met naamgenote in die VSA, Engeland en selfs in Noorweë! Die meeste van ons ken die hoofstad van Frankryk se naamgenoot langs die Vaalrivier … Parys, natuurlik! Maar daar is min van ons wat weet hoeveel ander dorpe in die Vrystaat ook naamgenote oorsee het. […]
17 Desember 2014

SA se top (versteekte) somervakansiedorpies
In ons geliefde land word ons oorweldig met keuses as dit by bestemmings vir ʼn prettige somervakansie kom. Jy hoor dalk gereeld dat vriende of kennisse jaarliks in dieselfde dorpie somervakansie gaan hou, maar jy’s onseker oor wat dit is wat hulle elke keer laat terugkeer. Ons het ʼn nuttige lysie van ons kliënte se gunsteling-somervakansiedorpies saamgestel, en die kollig op enkele […]
16 Desember 2014

Elke dorp het ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê …
Al is daar nie ‘n poskantoor, vulstasie of OTM op ‘n Suid-Afrikaanse dorpie nie, sal daar ALTYD ‘n kerk wees. Ons land is bespikkel met dié argitektoniese meesterstukke wat so ‘n groot deel van ons herkoms vorm. Ek het bietjie rondgesnuffel en op ‘n paar pragfoto’s van kerke in Suid-Afrika afgekom. Hopefield Dié pragtige NG […]
14 Desember 2014








