Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Noord-Kaap

9 redes waarom jy die Noord-Kaap moet besoek

Onopgesmukte mense en dramatiese landskappe waar jy môre sien aankom. Dís die Noord-Kaap in al sy glorie! Nie net is dit die grootste provinsie in Suid-Afrika nie, maar ook ’n area met groot natuurlike diversiteit. Dele van die provinsie is woestynagtig met plantegroei en diere wat oor die jare by die erge droogte moes aanpas […]

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre

Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]

Sterland: Ontmoet Sutherland se sterre

As kind het ek dikwels die sterre en planete agterop die Astros-boksies bestudeer en dit was net ’n kwessie van tyd voor ek Sutherland sou besoek om die Melkweg van naderby te bekyk. Gestewel en gespoor met ’n reisplan wat haarfyn uitgewerk is en ’n propvol brandstoftenk, is dit presies waarheen ek en Schalk vroeg […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel […]

Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies

Daar is baie unieke dinge waarmee Suid-Afrikaners kan spog: elf amptelike tale, unieke natuurskoon, die eerste suksesvolle hartoorplanting, Mimi Coerste, die Kreepy Krauly en nog vele meer! Maar een ding waarmee ons die meeste kan spog is beslis Suid-Afrikaanse kos! LekkeSlaap het ondersoek ingestel om uit te vind watter eetgoed uniek is tot elk van […]

Hiér skuil Suid-Afrika se blommeprag

Soos gesien op Maroela Media. Die mooiste tyd van die jaar is hier ─ Moeder Natuur ontwaak uit haar jaarlikse sluimering en strooi oranje, geel en rooi blomblare oor veld en vallei. In Augustus en September is dié blomskildery beslis iets om te aanskou, daarom vertel LekkeSlaap graag waar jy vanjaar die vrolikste veldblomme kan […]

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

Ontmoet die Diere van die Kalahari

Soos gesien op Maroela Media Die meeste Suid-Afrikaners met ’n liefde vir die natuur het al dele van die Kalahari-streek verken en is met gemsbokke, meerkatte en leeus vertroud. Dié enorme woestyngebied beslaan sowat 2,5 miljoen km² en strek vanaf die Oranjerivier in die Noord-Kaap en oor die grootste deel van Botswana tot in Namibië. […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem