Kategorie: Somer

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

deur Annerie Lemmer op 15 Desember 2017

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig … Lees “Kom rus ’n bietjie in Rosendal”

Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie

deur Danielle Terblanche op 1 Desember 2017

Die somer is in volle swang en daar is nie ’n beter plek om dit te vier as langs die water nie. Suid-Afrika se wonderskone landskap spog met talle riviere wat van die mooiste vakansiebestemmings bied waar jy vir ure lank kan tjoepry, visvang, roei, swem en die rustigheid langs die water geniet! LekkeSlaap het … Lees “Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie”

Langpadwenke vir die Desembervakansie

deur Karli Durr op 28 November 2017

Soos gesien op Maroela Media. Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad! Duisende Suid-Afrikaners pak jaarliks ons land se paaie aan onderweg na verskeie vakansiebestemmings. Wanneer die pad egter eindeloos voor jou … Lees “Langpadwenke vir die Desembervakansie”

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

deur Annerie Lemmer op 3 November 2017

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van … Lees “Die Vallei van ’n Duisend Heuwels”

Oes en Oornag op dié Vrugteplase

deur Ankia Wolf op 25 Oktober 2017

Die somer en oestyd is amper hier en ons het besluit om dit behoorlik te vier! Terwyl baie van ons elke Desember lekker op die strand gaan lê, is veral vrugteboere besig om te swoeg en te sweet terwyl hulle vir ’n vale vrugte oes. As jy dié jaar lus is vir ’n ander tipe somerwegbreek, … Lees “Oes en Oornag op dié Vrugteplase”

Plas in dié poele aan ons kus!

deur Karli Durr op 20 Oktober 2017

Dis somervakansie en jy baljaar sielsgelukkig in die branders. Maar dan verskyn ’n vreesaanjaende vinnetjie uit die niet … Om dié beklemming te vermy, vertel LekkeSlaap jou van 10 gesinsvriendelike getypoele al langs ons land se kus. Ons gee jou ook gesinsverblyfopsies sodat jy salig kan rus! Kampsbaai-getypoel Atlantiese Seekus, Wes-Kaap Dié getypoel, in een van … Lees “Plas in dié poele aan ons kus!”

Weelde in Wellington: Val du Charron

deur Annerie Lemmer op 6 Oktober 2017

Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles … Lees “Weelde in Wellington: Val du Charron”

10 Gesellige Kuierhuise met Boma-braaiplekke

deur Daleen Venter op 13 September 2017

Die somer klop al aan die deur en Suid-Afrikaners regoor die land begin hul braairoosters en -tange afstof vir die eerste somerbraai, want daar’s darem niks só lekker soos ’n gesellige kuier om ’n reuse-braaivleisvuur, braaibroodjies en ’n smullekker skaaptjoppie nie! En met Erfenisdag wat wink, wys LekkeSlaap vir jou 10 kuierhuise met boma-braaiplekke waar … Lees “10 Gesellige Kuierhuise met Boma-braaiplekke”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za