Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Daleen Venter

Daleen Venter is 'n nooi van Pretoria wat in 2013 die Jakarandastad vir die bekoorlike Eikestad verruil het. Sy het sopas 'n opwindende studentelewe vaarwel geroep en is gereed vir die nuwe uitdagings wat wink. Wanneer sy haar nie in spanningsromans of woordeboeke verlustig nie, snuffel sy in oudhedewinkels rond op soek na nog eklektiese items vir haar woonstelletjie. Byderwetse skoene, pêrels en mooi woorde laat haar hart vinniger klop. Sy is lief vir onbeplande avonture, haar hartsmense en haar gawe gemmerkat, Tobie.

10 Besonderse Berghuisies vir ’n Winterwegbreek

Dis seweuur op ’n Vrydagoggend en jy sit al weer in die verkeer. Die enigste vooruitsig wat jy vandag het, is gisteraand se oorskiet-pasta in jou kosblik en bykans ’n miljoen e-posse wat lê en wag. Klink dít vir jou bekend? As jy moeg is vir swoeg en sweet om jou brood en botter te […]

Dis Hemelsblou op die Platteland: 10 Blou Kothuisies vir ’n Bobaas-blaaskans

Die Suid-Afrikaanse platteland is ’n skatkis vol oulike wegbreekbestemmings wat wag om ontdek te word. LekkeSlaap het tien blyplekkies opgespoor wat met spatsels blou in bekoorlike kothuisies so reg uit ’n sprokiesverhaal omgetower is. Hiér sal jou wildste sprokiesdrome bewaarheid word! In die hartjie van die kunstenaarsdorpie, McGregor, nooi Francolin Cottage se poeierblou voordeur ’n […]

Dapper en Stapper deur die Tsitsikamma

Die Tsitsikamma-staproete tussen Nature’s Valley en Stormsrivier hoort op elke kranige rugsakstapper se emmerskoplys. Dis ’n strawwe roete vir tawwe tienies dié, met uitsonderlike uitsigte en asemrowende natuurtonele as beloning. Só pak jy dié 62,5 km lange staproete oor ses dae aan: Dag 1: Nature’s Valley tot Kalanderhut (3,6 km | sowat 2 uur) Vroegoggend […]

5 doendinge vir ‘n onvergeetlike Valentynsdag in Gauteng

Die Valentynsgevoel is tasbaar in die lug ─ die winkelrakke kreun al onder bosse bloedrooi rose, vonkelwyn, sjokoladebederfies en wollerige teddiebere. Daar word wyd en syd piekniekmandjies gereël en romantiese wegbreekplekke bespreek. As jou Valentynsdag vanjaar ’n Gautengse draai maak, het LekkeSlaap vyf voorstelle vir lekker doendinge om jou wederhelf mee te bederf. Loer gerus […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem