Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Jana Barnard

’n Dag vol Liefde in die Jakarandastad

Dié tyd van die jaar trek die Jakarandastad weer sy pers jassie aan. Die violetkleurige bloeisels wat in Oktober en November oral gestrooi lê en die strate in sprokiestonnels omskep, maak Pretoria ’n uitstekende naweekbestemming vir liefdesduifies. LekkeSlaap het ’n paar romantiese doendinge gaan soek waarmee paartjies ’n dag of twee in dié stad kan vul. […]

Skerpsinnig en Laf ─ Skatlike Afrikaanse Verblyfname

Huise het dikwels name ─ ongewone, beskrywende, pittige, komiese, of sommer net lawwe name, en as jy die dag bietjie deur LekkeSlaap se blyplekkies blaai, sal jy heelwat juweeltjies ontdek. Ons het so ’n paar eienaardiges gaan uitsnuffel en in die proses op ’n hele paar interessante staaltjies afgekom. Die eienaar van Lekke Ekke het […]

Wildvakansie by die See!

Wat ons land se natuurskoon betref, is daar veral twee eienskappe wat uitstaan: seldsame wild en ongerepte kuslyn. Suid-Afrika is die enigste Afrika-land wat spog met die Groot 7. Buffels, luiperds, renosters, leeus, olifante, noordkapperwalvisse én grootwithaaie het almal Suid-Afrikaanse burgerskap. LekkeSlaap het ’n paar bestemmings opgespoor waar jy ’n wild- en seevakansie kan kombineer! […]

Binnenshuise Braaiplekke vir die Bibberweer

Somer is braaityd en winter is … ook braaityd! Buiten beskutting teen onvoorsiene weersomstandighede wat braaiplanne in die wiele kan ry, het ’n binnebraai ’n paar ander pluspunte wat jy dalk nie voorheen in ag geneem het nie. Súlke braaiplekke is dikwels sommer reg langs ’n paar ander geriewe wat noodsaaklik is vir ’n gesellige […]

Vredefortkoepel ─ Opvoedkundig én Opwindend!

Ongeveer twee miljard jaar gelede het ’n meteoriet groter as Tafelberg die aarde getref en vandag staan dié gebied as die Vredefortkoepel bekend. Dié Wêrelderfenisgebied is in die Vrystaat en is egter nie net ’n geologiese skatkis nie. LekkeSlaap het 15 opwindende doendinge ontdek wat so reg in menige avonturier se kraal sal pas! https://www.instagram.com/p/BTSGEhhlU6T/?hl=en […]

’n Wittebrood vir Elke Sak en Gier

Wittebrood-dagdrome is sinoniem met Jacuzzi’s, hemelbeddens, randvloeiswembaddens met see-uitsigte, vonkelwyn, en suites wat in roosblare getooi is …. Daar is egter net een probleem: dié klas bederf is gewoonlik bo die meeste van ons se vuurmaakplek. Dis hoekom ons na ’n paar streke gaan kyk het wat gewild is onder wittebroodspaartjies en rondgesnuffel het vir […]

Tzaneen: SA se vrugtemandjie

As ’n mens die pad vat na Limpopo, watter dorp behoort nommer een op jou reisplan te wees? Ons bestemming is die subtropiese dorp Tzaneen en ons gaan jou wys waarom dié dorp meer as net ’n oorslaapplek op pad na die wildtuin is. Tzaneen is naas Polokwane die tweede grootste dorp in Limpopo. Dit is ’n hoëreënvalstreek met […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem