Nuwejaar is ’n tyd vir nuwe uitdagings. Suid-Afrika se oorrompelende natuurskoon en uiteenlopende landskappe bied legio avontuurgeleenthede: van 4×4 tot rotsklim, van surf tot abseil, van bergklim tot riviervlotvaart, om nie eens te praat van perdry-safari’s en haaihokduik nie. Maar daar is ’n minder bekende sport wat besig is om al hoe gewilder te word onder ons land se adrienalienvrate. Miskien is dit tyd om die lugstrome aan te durf?

Paragliding, Morgan Bay

Valskermsweef het ’n lang pad gekom sedert die drie Fransmanne, Jean-Claude Bétemps, André Bohn en Gérard Bosson se eerste eksperimente met ’n reghoekige “ram-air”-valskerm teen die hang van die Pointe du Pertuiset in 1978. Deesdae maak valskermswewers gebruik van veilige toerusting en die aantal gevestigde lanseerplekke neem jaarliks toe.

Paragliders

Valskermsweef stel jou in staat om die wêreld in stilte van bo-af te bespied. As jy nog altyd daarvan gedroom het om sorgeloos in die windstrome te sweef ver bo die woelige wêreld is dié sport gemaak vir jou!

G0028254

Kenners onderskei tussen drie soorte valskermsweef: Sweef, warmlugkolomvlieg, en cross-country.

bigstock--141186455

Valskermswewers wat die eerste, en maklikste, vorm van die sport beoefen, maak gebruik van wind wat teen ’n skuinste opwaai. Heuwels teen die see is veral gewild, maar ’n ry hoë geboue word ook soms gebruik. Indien die wind nie sterk genoeg is nie, sweef mens bloot teen die heuwel af en duur die vlug nie baie lank nie. Sterk winde waai valskermswewers soms los oor die heuwel en dan moet hulle uitkyk vir ’n landingsplek aan die agterkant van die heuwel.

Bir, India - XC Paragliding

Bedrewe valskermswewers gebruik warmlugkolomme om tot by die wolke te vlieg. Op ’n warm dag styg onsigbare lugkolomme vanaf warm oppervlaktes soos rotse en geboue. Soms is die kolomme horisontaal, maar die meeste van die tyd is dit diagonaal. Ervare valskermswewers sweef tot by dié kolomme en vlieg dan in sirkels om die kern van die kolom, waar die lug die vinnigste styg, te bereik. Hulle maak dan van vario-altimeters gebruik om die tempo waarteen hulle styg te monitor.

 CALDELAS, PORTUGAL - DECEMBER 17: Paragliding Cross-country Port

Cross-Country-valskermswewers vlieg van warmlugkolom tot warmlugkolom en lê sodoende honderde kilometers af.  Sodra ’n valskermswewer genoeg hoogte gekry het met ’n warmlugkolom, sweef hy of sy gewoon na die volgende warmlugkolom.

Manilla State of Origin

Wil jy ook ’n arendperspektief op ’n sonsondergang beleef? Wel, laat vaar jou gemaksone in 2017 en klop by een van dié valskermsweefskole aan.

Kaapstad

Durban

Pretoria

  • Skywalk
  • 012 565 6338 (landlyn)
  • 082 322 1824 (selfoon)
  • ronnie@skywalk.co.za

Port Elizabeth

George

Johannesburg