Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 547 reviews.
"Ballito het 'n pragtige lang strandfront met 'n houtpaadjie vir lekker stap en bankies om net na die see te kyk. Die strande is redelik skoon en ons het lekker geswem by Willard Beach. Daar is ook 'n groot rotspoel naby die restaurante. Ons het lekker geëet by Nikoz en daar is ook seekosrestaurante. Daar is 'n nuwe groot winkelsentrum by die aansluiting by die N2. King Shaka lughawe is net 20 minute weg."
"Gunstige weer vir strand en swem in see. Ballito is besig om van 'n klein, rustige vakansiedorpie te ontwikkel na 'n groot, besige omgewing en die vroeër jare se rustigheid van die dorp is besig om af te neem en gejaagde besige dorp te ontwikkel. Goeie omgewing vir jongmense en kuiermense want daar is baie pubs in loopafstand, maar nie veel teetuine of koffiewinkels loopafstand van strand nie."
"Ballito is 'n heerlike vakansiebestemming, spitstye baie besig met restaurante wat uit hulle nate bars. Ballito is 'n dorp met 'n vibe."
"Baie mooi en eksklusiewe area, naby Ballito. Die twee granny pools wat voorsiening maak vir klein én ouer kinders/grootmense, is 'n baie goeie idee. Groot keuse van winkels baie naby."
"Die lang wandelroete langs die see is 'n wenner. Moderne kusdorp. Winkelsentrums, see, sand, strand met pragtige natuurskoon. Veilige kusdorp."
"Parkering onvoldoende. Sal ook voorstel dat sambrele en stoele uitverhuur word in seisoentye."
"Sentraal tot 'n verskeidenheid strande, eetplekke, sentrums en ander snuffelplekkies. "