Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Ek het al van die sestigerjare daar gekuier by familie van ons, natuurlik deesdae verval baie plekke en dis net veral die hoofstraat wat vir my baie vuil was met aankoms maar dis in baie groot dorpe en 'n probleem, verder was ons baie gelukkig daar."
"Beaufort-wes is 'n goeie oorslaapplek as jy op pad is na Kaapstad vanaf Pretoria. Die 4Sheep restaurant is wonderlik en daar is mooi geboue. Verder is daar nie veel meer om te doen nie."
"Joe's Diner was 'n baie aangename verrassing - dit moet baie beter bemark word as 'n alternatiewe eetplek!"
"We use Beaufort Wes as a stop point in our travels have not been disappointed on what it has to offer."
"Gemaklik geleë vir oorslaap tussen die Kaap en Johannesburg. Goeie eetplekke. Vriendelike mense."
"Ons het bietjie meer verwag. Jy kan allerhande lekker aktiwiteite in die omgewing doen veral by Olive Grove Guest Farm, maar moes toe terleurstellend uitvind dat dit slegs beskikbaar is wanneer jy Olive Grove se verblyf geboek het."