Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1473 resensies.
"Dit is 'n baie lekker plek om te kuier, vermy net die middestad gedeelte, daar is dit gevaarlik, veral met pocket thiefs."
"Plaaslike owerheid moet meer aandag gee aan algemene netheid van sypaadjies, sakesones en publieke oop ruimtes."
"The only reason I'm rating 3 stars for travel destination is because I didn't stay long and had no time to explore, but I enjoyed the break from the hustle and bustle of city life."
"Ek het omtrent 20 jaar in Bloemfontein gewoon, skoolgegaan en op Universiteit gewees, maar alles het agteruit gegaan. Dit is nie meer aangenaam om daar te vertoef nie. Vuil strate, riool wat uitloop op baie plekke en natuurlik die paaie met baie slaggate."
"Bloemfontein CBD is 'n misdaadnes. Die Noorde van Bloem is goed vir verblyf en Northridge Mall is op standaard."
"Dan Pienaar-voorstad net buite die besige stad. Bloemfontein beslis 'n voorkeurstad."
"Bloemfontein is 'n gawe en vriendelike, netjiese stad. Ons was baie beïndruk deur die vriendelike mense en die mooi Mall, heerlike kos by Longhorn Restaurant. Alles was 'n heerlike ondervinding."
"Strate vol slaggate, vol vullissakke orals te sien. Sekere areas wel skoon en netjies."
"Bloemfontein bly 'n goeie sakesentrum, goeie dokters en hospitale en 'n aanwins vir sentrale Suid-Afrika."
"Ek het lank in Bloemfontein gebly en is werklik teleurgesteld om te sien hoe die stad se instandhouding agteruit gegaan het. Sypaadjies is onnetjies en vuil. Verkeersligte hang skeef en werk nie. Middestad is chaos. Bloemfontein het baie om te bied. As munisipaliteit hulleself net kan uitsorteer."