Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1452 reviews.
"Het Bloemfontein nog nooit besoek as toeris - net vir besigheid en mediese dienste."
"Nice city but more information about what is happening where can be provided. "
"Stad is in 'n skokkende toestand. Verkeersligte gaan dood en slaan dan oor na rooi of groen, geen oranjelig meer nie. Swak padaanwysers, strepe en stoptekens bestaan nie. Nagmerrie om in die nag te bestuur want 'n mens kan nie die stopstrate sien nie!"
"Some road signs were broken and illegible. In our case there were two Jan Marx streets which added to our confusion!"
"Wye verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede beskikbaar. Beslis 'n besoek werd."
"Bloemfontein is 'n mooi dorp/stad, ongelukkig het die onderhoud in die slag gebly agv die korrupsie kultuur. Daar is tog 'n aanduiding dat dinge verbeter. Baie geskiedkundige plekke om te besoek."
"Petrol is baie duurder in Bloemfontein as enige ander plek in SA. Beplan om oor te slaap, maar nie jou tenk vol te maak nie."
"My man het dit baie geniet, vroeg Saterdag- en Sondagoggend in middestad gaan foto's neem van al die geskiedkundige en historiese geboue. Strate in middestad was wonderlik stil."
"Ryk aan Afrikaanse kultuur - museums, monumente. Sal baie graag meer tyd daar kon spandeer."
"Bloem is vir my 'n stop in die middel op pad Kaap toe. Hierdie keer het ons 'n troue gehad in Bloem en het daar oorgeslaap."
"I have not been through Bloemfontein in many years and was shocked to see how it has deteriorated."
"Dis tragies hoe Bloemfontein se paaie die laaste 31 jaar so agteruit gegaan het soos die res van ons stede. Die eens pragtige Rosestad is nie meer wat dit was nie. Rayton self het pragtige eiendomme, maar die onderhoud van die paaie en sypaadjies laat veel te wense oor. "
"Ons het familie in Bloemfontein by wie ons kuier in Bloemfontein, dit is waarom ons verblyf nodig gehad het - maar ek dink nie die beskikbaarheid van aktiwiteite in Bloemfontein regverdig 'n hele week se vakansie nie."
"Dis 'n kompakte, vriendelike stad met alles wat jongmense soek. Die bonus was die skou wat aan was."